Dié droë en warm Januarie volg op ’n voorseisoen waar die lande met tye so deurdrenk van die reën was dat die trekkers vasgeval het.
“November 2022 was die derde natste maand in 116 jaar hier by ons,” vertel mnr. Danie Minnaar van die plaas Springboklaagte in die distrik Kroonstad. Maar die reënval sover in Januarie was nog net 2 mm.
“As dit nie verder reën voor die einde van die maand nie, sal dit die droogste Januarie in 116 jaar wees. Die droogste, terloops, was 11 mm in 1960 en in 1992 het ons 13 mm in Januarie aangeteken.”