Gegewe die naderende somerplanttyd plaas Landbouweekblad die kunsmisdilemma, én weerstoestande, onder die loep.
Aardgas, wat sedert die begin van die oorlog in Oekraïne skaarser en duurder geword het, is die beginpunt van die hele kunsmiswaardeketting, volgens mnr. Corné Louw, senior ekonoom by Graan SA.
Volgens een van sy kollegas, mnr. Christiaan Vercueil, is hoë-energieprosesse waarin gas én olie belangrik is, deurslaggewend in die produksie én vervoer van kunsmis.