AFGRI
BEAN
20 Mrt
-
10116
0,00
CORN
20 Mrt
-
4609
0,00
SOYA
20 Mrt
-
9375
0,00
SUNS
20 Mrt
-
10040
0,00
WEAT
20 Mrt
-
6639
0,00
WMAZ
20 Mrt
-
4153
0,00
YMAZ
20 Mrt
-
4201
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Finale oesskatting vir 2021-’22-seisoen stel nie teleur

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Ter illustrasie. Foto: Johan Norval
Die finale skatting vir someroeste vir die 2021-’22-seisoen skets steeds ’n baie gunstige prentjie vir ’n seisoen wat op ’n ietwat pessimistiese noot begin het.

Nadat die nasionale oesskattingskomitee (NOK) verlede jaar aanvanklik ’n mielie-oes van 14,7 miljoen ton voorspel het en doemprofete dit as ’n oorskatting weens die nat toestande veroordeel het, het die oes uiteindelik op 15,4 miljoen ton te staan gekom.

Mnr. Wandile Sihlobo, senior landbou-ekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê die finale skatting skets ’n baie gunstige prentjie met die mielie-oes wat net 6% minder is as die vorige seisoen. “Dit beteken dat Suid-Afrika ’n netto uitvoerder van mielies in die 2022-’23-bemarkingsjaar sal bly.

“Nog ’n gunstige aspek van die skatting is ’n stewige sojaboonoes van 2,2 miljoen ton, wat toegeskryf kan word aan beter opbrengste en ’n toename in aanplantings. Dit is alles baie gunstig, maar die aandag verskuif nou na die nuwe seisoen wat onlangs begin het. Goeie reën het gesorg vir baie grondvog, maar daar is dele waar dit te nat is om te plant. Die voornemens om te plant dui daarop dat aanplantings egter steeds verder uitgebrei gaan word.”

Sowat 14 miljoen ton mielies is reeds aan silo’s gelewer en 2,15 miljoen ton sojabone.

Hoewel die geskatte mielie-oes 6% kleiner as die 2020-’21-seisoen se oes was, is dit steeds heelwat hoër as die tienjaargemiddelde van 12,8 miljoen ton.

Dr. Werner Rossouw, uitvoerende direkteur van Silostrat, sê die sterk weeklikse lewerings het gewys dat daar nie veel verrassings in die oesskatting sou wees nie. “Wat die belangrikste is, is dat ons die afgelope ses jaar ons vier beste opbrengste en ons vier grootste oeste ooit gehad het. Ons glo en vertrou dat die komende seisoen ook ’n goeie een gaan wees.

“Boere is hard besig om te plant – al kan ek nie sê dat die stof so staan nie vanweë die baie modder, maar aanplantings vorder tog oor groot dele.”

Volgens die finale skatting was die oppervlakte onder mielies 2,6 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,87 t/ha is.

Die produksieskatting van witmielies bly 7,79 miljoen ton, wat 152 700 ton (2%) meer is as die vorige skatting en die opbrengs is 4,95 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 7,6 miljoen ton, wat 58 000 ton (0,77%) meer is as die vorige skatting en die opbrengs is 7,25 t/ha.

Die verwagte mielie-oes van die nie-kommersiële sektor is 667 000 ton, wat 4,8% meer is as die 636 440 ton van die vorige seisoen.

Oliesade

Die NOK het sy produksieskatting van sojabone onveranderd op 2,2 miljoen ton gelaat teen ’n verwagte opbrengs van 2,38 t/ha. Ook die skatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 845 550 ton met ’n verwagte opbrengs van 1,26 t/ha.

Die NOK het die verwagte grondbone-oes onveranderd gelaat op 49 000 ton. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 43 400 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,13 t/ha is. Die produksieskatting van sorghum is 103 140 ton, wat 6,83% of 7 560 ton minder is as die vorige skatting van 110 700 ton. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 37 200 ha, en die verwagte opbrengs is 2,77 t/ha.

In die geval van droëbone is die produksieskatting onveranderd gelaat op 52 590 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 42 900 ha en die verwagte opbrengs is 1,23 t/ha.

Die voorlopige oppervlakteskatting vir somergewasse vir 2022-’23, word op 26 Januarie 2023 bekend gemaak. 

Wintergraan

Wat die vierde produksieskatting van wintergewasse betref, raam die NOK die koringoes op 2,26 miljoen ton, wat 15 800 ton (0,71%) meer is as die vorige skatting. Die verwagte opbrengs is 3,93 miljoen ton. Die oppervlakteskatting vir koring is 566 800 ha.

Die produksieskatting vir gars is 356 850 ton, wat 2,46% of 9 000 ton minder is as die vorige skatting van 365 850 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 101 000 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,53 t/ha beloop.

Die verwagte kanola-oes is 210 530 ton, ’n styging van 6,2% of 12 300 ton vergeleke met die vorige maand se skatting. Die oppervlakteskatting vir kanola is 123 510 ha, met ’n verwagte opbrengs van 1,70 t/ha.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.56
-0.2%
Rand - Pond
22.67
+0.3%
Rand - Euro
19.98
-0.6%
Rand - Aus dollar
12.38
+0.5%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
972.21
-1.2%
Palladium
1,397.84
-1.3%
Goud
1,940.50
-1.9%
Silwer
22.39
-0.7%
Brent-ruolie
73.79
+1.1%
Top-40
68,799
0.0%
Alle aandele
74,271
0.0%
Hulpbronne 10
65,660
0.0%
Industriële 25
99,818
0.0%
Finansiële 15
15,066
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
As ons nie ontmoet nie, sal ons nie weet nie.
Hierdie is altyd vir my 'n moeilike een. Hier kan ons onsself inkleur met die mooiste potlode. Google kan selfs genader word vir 'n oulike beskrywing, ek verkies om die persoon...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot