Dit is noodsaaklik dat die plaaslike produk 100% met die ingevoerde produk moet kan meeding. Alles word dus in die stryd gewerp om produkgehalte te verskerp.
Die sojaboonbedryf het die afgelope vyf jaar groot verbeterings ondergaan op pad na volwassenheid. Nouer samewerking tussen verwerkers en voerformuleerders het gelei tot groot spronge in die regte rigting wat verwerkingsgehalte en -prosesse, asook aankoopstrategieë betref.
Die plaaslike lewendehawebedryf verbruik 1,2 miljoen ton soja-oliekoek per jaar. In Suid-Afrika word soja-oliekoek plaaslik vervaardig, maar ’n deel word ook ingevoer.