AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9498,8
-161,20
CORN
24 Mrt
-
4060
45,00
SOYA
24 Mrt
-
8135
-88,00
SUNS
24 Mrt
-
8630
-225,00
WEAT
24 Mrt
-
6430
65,00
WMAZ
24 Mrt
-
3842
55,00
YMAZ
24 Mrt
-
4029
33,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Gesoek: Meer deelnemers vir oesskatting

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Graan SA gaan saam met die nasionale oesskattingskomitee ’n veldtog begin om boere aan te moedig om deel te neem aan die opnames van dié komitee.

Daar was die afgelope aantal jaar ’n skerp afname van deelnemers aan die opnames van die oesskattingskomitee, het me. Rona Beukes, senior statistikus van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en lid van die nasionale oessakttingskomitee (NOK), in haar voorlegging op Graan SA se jaarkongres gesê.

“Slegs 205 produsente het die afgelope seisoen deelgeneem, teenoor 315 in 2015. Die aantal deelnemers daal elke jaar. As dié afwaartste neiging voortduur, sal die steekproef baie klein wees en gaan dit moeiliker wees om die oes akkuraat te skat.”

Sy het gesê die onwilligheid van boere om deel te neem, bring hul bedingingsposisie in gedrang. “Dan het ons basies net inligting van die vraagkant van die waardeketting via die insette van kopers wat vir ons markinligting gee. Dit is nie gebalanseerd nie.”

Akkuraatheidsyfer

Sy het verduidelik die oesskattingskomitee mik na ’n akkuraatheidsyfer van 5% tot 8% van die finale oes. Dié vlak van akkuraatheid is die afgelope 16 jaar behaal danksy deelname van belanghebbendes, maar groter betrokkenheid van boere is nodig. “Vir die voorlopige oppervlakteskatting in Januarie is die data wat produsente gee, die enigste data tot die beskikking van die oesskattingskomitee, veral omdat dit vroeg in die seisoen is.”

Beukes het gesê van die redes vir nie-deelname wat die departement kry, is dat boere geen doel in die opname sien nie of hulle wil nie met die staat saamwerk nie. Sy het beklemtoon dat elke boer se inligting vertroulik geag word en slegs gebruik word vir die bepaling van die oesskatting deur die statistikus van die direktoraat landboustatistiek.

 “Ek het al op ’n keer 500 produsente self telefonies genader om deel te neem en net 5 was daartoe bereid. Ons is regtig desperaat om elkeen se inligting te ontvang.”

Sy het gevra dat boere wat in die verlede deelgeneem het en nou nie meer die opnamevorm ontvang nie, met haar in aanraking moet kom. “Soms verander iemand se e-posadres en telefoonnommers en dan stel hulle ons nie in kennis sodat ons ook ons gegewens kan bywerk nie.”

Mnr. Derek Mathews, voorsitter van Graan SA, het op die vergadering voorgestel dat Graan SA en die direktoraat ’n veldtog gaan hou om die deelname van boere aan die oesskatting uit te brei. “Dis noodsaaklik dat ons die oesskatting so akkuraat en geloofwaardig as moontlik sal hou.”

Rig navrae aan Beukes by e-pos RonaB@dalrrd.gov.za of tel. 012 319 8032.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.21
-0.7%
Rand - Pond
22.24
-0.0%
Rand - Euro
19.57
+0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-1.2%
Platinum
967.61
-1.7%
Palladium
1,406.83
-1.1%
Goud
2,001.28
+0.4%
Silwer
23.45
+1.5%
Brent-ruolie
75.91
-1.0%
Top-40
69,105
-1.4%
Alle aandele
74,618
-1.3%
Hulpbronne 10
64,261
-1.4%
Industriële 25
101,499
-1.1%
Finansiële 15
15,154
-1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek weet wat ek uit die lewe wil he
Om my te leer ken vat soms langer omdat ek n redelike groot introvert is. Ek is n stil mens, maar saam met die regte persoon kan ek ure lank n intelligente gesprek voer. Ek is...
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot