AFGRI
BEAN
30 Nov
-
9211
0,00
CORN
30 Nov
-
4484
0,00
SOYA
30 Nov
-
8990
89,00
SUNS
30 Nov
-
11285
0,00
WEAT
30 Nov
-
6666
0,00
WMAZ
30 Nov
-
5260
-21,00
YMAZ
30 Nov
-
5109
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Graanbedryf: Instel van inspeksiedienste opgeskort

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Michelle van der Spuy
Foto: Michelle van der Spuy
Daar is bevind dat die instelling van inspeksiedienste vir graan en oliesade onwettig en prosedureel onregverdig is.

Die appèlraad wat deur die direkteur-generaal van die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling aangestel is om die instelling van inspeksiedienste vir graan en oliesade te ondersoek, het bevind dat dit onwettig en prosedureel onregverdig is.

Volgens die raad kan die voorgestelde tariewe nie rasioneel verbind word met die vermoë of pligte wat vir dié dienste benodig word nie.

Die raad het vyf aansoeke ontvang nadat in 2016 aangekondig is dat Leaf Services deur die departement aangestel is om inspeksiedienste te lewer. Op 25 Junie is ’n inspeksietarief van R1,80/t vir onverwerkte graan en oliesaad, en 2c per brood in die Staatskoerant afgekondig. Die tarief sou op 12 Julie in werking tree.

Mnr. Wessel Lemmer, hoofbestuurder van Agbiz Grain, sê hulle het die instelling van die inspeksiedienste teengestaan aangesien die onderskeie sektore in die graanwaardeketting voldoende selfregulerend is. Daar is volgens hom geen rede vir dié inspeksiedienste wat tot 13 000 inspeksies sou lei nie. “Hoewel dit wetlik geregverdig kan word, is daar geen regverdiging vir nóg ’n laag koste van sowat R74 miljoen op die voedselwaardeketting nie.”

Agbiz Grain het voorgestel dat Leaf Services eerder ’n volumegebaseerde benadering volg om die tariewe by die eerste verkoopspunt te verhaal aangesien dit in ooreenstemming is met hoe staatsheffings ingesamel word.

Terwyl verskillende staatsheffings vir verskillende produkte geld, het Leaf Services ’n enkele heffing van R1,80/t vir alle verskillende kommoditeite voorgestel. Volgens Lemmer sal die instelling van ’n enkele heffing vir alle kommoditeite sekere produkte benadeel, terwyl ander baat vind.

“Dit kan lei tot kruissubsidiëring sonder ’n regverdige resultaat. Daar moet ook met sorg te werk gegaan word om nie die heffings op verwerkte produkte met die heffings op onverwerkte kommoditeite te subsideer nie.”

Agbiz Grain het sy kommer uitgespreek dat Leaf Services potensiële reserwes kan versamel en beheer, en voorstelle gemaak oor hoe dit voorkom kan word. Agbiz Grain het beswaar gemaak teen sommige prosedurele kwessies, soos hoe die heffing van R1,80/t bepaal is, en daarop gewys dat Leaf Services nie daarin kon slaag om betyds ’n ooreenkoms aan te gaan oor hoe gereeld inspeksies nodig sou wees nie.

Die appèlraad het die direkteur-generaal aangeraai om bykomende regulasies vir appèlaansoeke te oorweeg aangesien dit tans onvoldoende is.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.97
+0.2%
Rand - Pond
20.31
-0.0%
Rand - Euro
17.55
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.36
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.0%
Goud
1,753.01
+0.2%
Silwer
21.22
-0.2%
Palladium
1,877.07
+2.0%
Platinum
1,008.00
+0.2%
Brent-ruolie
83.03
-0.2%
Top-40
66,816
0.0%
Alle aandele
73,128
0.0%
Hulpbronne 10
71,369
0.0%
Industriële 25
88,068
0.0%
Finansiële 15
16,117
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd om te Glo Liefde Bestaan
Ek is enkel lopend Vir 5 Jaar het te veel Seer gekry Al in my Lewe wil maar net weer n Vriendin ontmoet en Kyk of daar iets daar uit Kan ontwikkel of net vriende Kan Bly of wees...
Kom ons geniet die lewe
Ek is n baie liefdevolle vrou Hou van stap tennis speel. Bak en brou graag, verf doen allerhande kreatiewe goed Hou van uithaal. Mal oor die see Eenvrou man .
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot