AFGRI
BEAN
01 Des
-
9254
0,00
CORN
01 Des
-
4488,27
0,00
SOYA
01 Des
-
10408
0,00
SUNS
01 Des
-
11094
0,00
WEAT
01 Des
-
6646
0,00
WMAZ
01 Des
-
5183
0,00
YMAZ
01 Des
-
4995
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

Graanoes die tweede hoogste ooit

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Vida Booysen
Foto: Vida Booysen
Die finale produksieskatting vir somergewasse dui steeds op die naasgrootste graanoes ooit.

Ondanks bespiegeling onder boere vroeër in die seioen dat, veral in die geval van mielies, die produksie laer is as wat amptelik geskat word, dui die finale produksieskatting vir somergewasse steeds op die naasgrootste graanoes ooit.

Volgens die nasionale oesskattingskomitee (NOK) word die verwagte kommersiële mielie-oes ietwat hoër as ’n maand gelede op 16,23 miljoen ton geraam en die koringoes is in die vierde skatting vir wintergewasse opwaarts aangepas na 2,11 miljoen ton.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die sakekamer Agbiz, sê die 2020-’21-seisoen se mielie-oes beteken Suid-Afrika bly ’n netto uitvoerder. Suid-Afrika se jaarlikse verbruik is rofweg 11,5 miljoen ton en daarom is daar 3,42 miljoen vir uitvoer beskikbaar – 16% meer as ’n jaar gelede. Sowat 62% hiervan is reeds uitgevoer.

Hy wys daarop dat die sojaboonproduksie van 1,89 miljoen ton ook ’n  rekord is en dit kan tot ’n afname in die invoer van oliekoek lei, wat gewoonlik by 500 000 ton per jaar draai.

Die klem verskuif nou na die 2021-’22 produksie-seisoen, waarvoor die weervooruitsigte vanweë ’n La Niña-toestand goed lyk. Boere is voluit besig om te plant.

Dr. Dirk Strydom, bestuurder van graanekonomie en bemarking by Graan SA, sê met die oesskatting se goeie syfers is dit nou belangrik dat gekonsentreer word op die uitvoer van gewasse soos mielies en sojabone om die vraag en aanbod weer in balans te bring. Veral met sojabone gaan uitvoer van groot waarde wees.

Die mielie-oes is nou 23 000 ton (0,14%) hoër as verlede maand en dit is steeds 6% groter as die 2020-oes. Die afgelope dekade word dit net oortref deur 2017 se oes van 16,8 miljoen ton. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,8 miljoen ha met ’n verwagte opbrengs van 5,89 t/ha.

Die koringoes van 2,11 miljoen ton wat met 18 000 ton (0,86%) opwaarts aangepas is, is baie naby aan verlede jaar se 2,14 miljoen ton wat die hoogste oes sedert 2010 was. Die kanola-oes, wat onveranderd op 190 000 ton gelaat is, is die grootste wat nóg in Suid-Afrika geproduseer is.

Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede – die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes –  gaan na verwagting 84% van die 2021-oes produseer. In totaal is die oppervlakte onder witmielies 1,69 miljoen ha en vir geelmielies 1,06 miljoen ha. Die skatting vir witmielies is onveranderd gelaat op 8,61 miljoen ton met ’n opbrengs van 5,09 t/ha. Vir geelmielies is die skatting met 23 000 ton (0,3%) verhoog tot 7,63 miljoen ton teen ’n opbrengs van 7,17 t/ha. Dit is die hoogste nog sedert 2010.

In die nie-kommersiële sektor lyk die situasie ook belowend. Die verwagte oes is 636 440 ton, wat 17,09% meer is as die 543 545 ton van die vorige seisoen.

In die somerreëngebied is die produksieskatting vir sojabone en sonneblomsaad  onveranderd gelaat. Die produksieskatting van sojabone bly 1,89 miljoen ton. Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 827 100 ha en die verwagte opbrengs is 2,29 t/ha. Die produksieskatting vir sonneblomsaad is ook steeds 677 240 ton. Die oppervlakteskatting is 477 800 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,42 t/ha is.

Die verwagte grondbone-oes is 59 950 ton, wat nou met 1 050 ton verhoog is. Die oppervlakteskatting 38 550 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,56 t/ha is. Die produksieskatting van sorghum is verhoog met 3 665 ton tot 213 645 ton en die oes vir droëbone word onveranderd op 57 672 ton geraam.

Wat wintergewasse betref, is die verwagte opbrengs van koring 4,04 t/ha. Sowat 54% van vanjaar se oes sal uit die Wes-Kaap kom, 16% uit die Vrystaat en 12% uit die Noord-Kaap.

Die produksieskatting vir moutgars is nou 339 800 ton wat 2,41% minder as verlede maand is. Die oppervlakte beplant word op 94 730 ha beraam, terwyl die verwagte opbrengs 3,59 t/ha beloop. Die verwagte oes vir hawer (ontbytgraan) is 80 450 ton.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.06
+0.9%
Rand - Pond
20.64
+0.6%
Rand - Euro
17.81
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.64
+0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.2%
Goud
1,782.03
+0.8%
Silwer
22.35
+0.7%
Palladium
1,916.65
+1.5%
Platinum
1,044.00
+0.6%
Brent-ruolie
86.97
+3.1%
Top-40
68,564
0.0%
Alle aandele
74,828
0.0%
Hulpbronne 10
73,434
0.0%
Industriële 25
90,489
0.0%
Finansiële 15
16,396
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Die lewe is so kosbaar dat jy dit moet deel met n lewensmaat
Ek het die lewens pad gestap en het nog net respek vir ander mense gehad. Ek soek geen issues in my lewe nie en wil dus nie n las op. my he nie. Nog 7 jaar dan tree ek af en wil...
Watter land volgende?
I am successful in business and love what I do. Looking for that special someone to share the sunsets with!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot