Die welslae wat Wes-Kaapse boere in moeilike omstandighede met wintergraan en kanola behaal, kan in gelyke mate aan doeltreffende bewaringsboerderypraktyke en vordering met navorsing toege- skryf word.
Nuwe vrae duik gedurig op namate omstandighede verander, soos wat met kanola-opbrengste gaan gebeur as die Wes-Kaap 2 °C warmer word, hoeveel stikstof peulgewasse in werklikheid bind, en of alle peulgewasse dieselfde hoeveelheid stikstof bind.
Elke navorsingsprojek help om gewasproduksie en die wisselwerking met die grond en klimaat beter te verstaan en maniere te vind om gewasproduksie volhoubaarder en doeltreffender te maak.