AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

JSE toets eersdaags nuwe differensiaal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Liza Bohlmann
Foto: Liza Bohlmann
’n Nuwe liggingsdifferensiaal met verskillende verwysingspunte gaan van volgende jaar af op die proef gestel word.

Die Johannesburgse Effektebeurs (JSE) het bekend gemaak dat ’n proeflopie van twee jaar op 1 Maart 2024 begin waar wegbeweeg word van ’n enkele verwysingpunt vir sojaboonkontrakte na ’n model met verskeie verwysingspunte.

Markdeelnemers aan die JSE-termynmark is pas per kennisgewing van die proeflopie in kennis gestel wat slegs sojabone sal geld. Mnr. Vuyo Mpumza, bestuurder van afgeleide kommoditeite van die JSE, het dit ook op ’n vergadering van die sojaboon- en sonneblomforum bekend gemaak. Hy het gesê die nuwe model is deeglik bestudeer en die JSE is meer as gewillig om dit nou oor ’n tydperk van twee jaar op die proef te stel.

Die JSE sal vanaf middel Maart inligtingsessies aanbied om die konsep te verduidelik. Vir die komende bemarkingseisoen wat oor ’n maand begin, sal steeds ’n enkele verwysingspunt gebruik word om die liggingsdifferensiaal te bepaal. Vooruitkontrakte vir die volgende bemarkingsjaar wat in Maart 2024 begin, sal egter van volgende maand af vir verhandeling beskikbaar wees.

Kontrakgroottes, gehaltespesifikasies en ander produkspesifikasies sal dieselfde bly, maar Randfontein sal nie meer die enigste verwysingspunt vir ’n liggingsdifferensiaal wees nie. Die JSE sal liggingsdifferensiale vir die seisoen publiseer gegrond op data van 2023. 

Vraag en aanbod

Die navorsing vir die nuwe model is uitgevoer deur dr. Johann Strauss van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat. Dit is gegrond op vraag en aanbod gegewe die ligging en neem alle punte van verwerking en produksie in ag, asook die impak wat dit op die differensiaal van elke JSE-geregistreerde leweringspunt sal hê.

Met die begin van die termynmarkte in 1995 is Randfontein as verwysingspunt gekies omdat daar ’n groot konsentrasie van meulens was wat goed verbind was met silo’s reg oor Suid-Afrika deur middel van spoorlyne en paaie. Die meeste maalkapasiteit was daar gesetel, maar met verloop van tyd het hierdie situasie drasties verander en die kapasiteit is versprei. 

Drie jaar

Weens die vooruitkontrakte beteken dit die model word oor drie jaar getoets. Die proeflopie duur van 1 Maart 2024 tot 28 Februarie 2026, maar geld kontrakte tot 28 Februarie 2027. As dit proef nie as suksesvol beskou word nie, sal daar vir die bemarkingseisoen wat op 1 Maart 2027 begin, weer net een verwysingspunt wees. Indien dit wel werkbaar is, kan die model ook op ander gewasse ook toegepas word.

Daar sal ook ’n formele opname onder markdeelnemers in die sojaboonsektor oor die nuwe model teen November elke jaar wees om hul terugvoer te kry. Die JSE beklemtoon dat sy hoofdoelwit bly om ’n doeltreffende platform vir prysbepaling en die bestuur van prysrisiko te wees en dat hy met alle markdeelnemers wil saamwerk om die sukses van die nuwe model te bepaal.

Kyk hier na ’n video oor die model. 


Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
+0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
-0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot