AFGRI
BEAN
26 Me
-
9371
0,00
CORN
26 Me
-
4480
0,00
SOYA
26 Me
-
7813
0,00
SUNS
26 Me
-
8220
0,00
WEAT
26 Me
-
6690
0,00
WMAZ
26 Me
-
3644
0,00
YMAZ
26 Me
-
3750
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
12 Me
-
171,55
-1,00
Ave Wool - RWS
12 Me
-
187,51
-2,00
Beeste A2/3
12 Me
-
54,18
0,36
Beeste AB2/3
12 Me
-
53,38
1,10
Beeste B2/3
12 Me
-
49,24
1,21
Beeste C2/3
12 Me
-
46,69
0,83
Bevrore Hoender
12 Me
-
34,02
0,01
Bokkies (onder 30 kg)
12 Me
-
54,11
1,43
Bokooie
12 Me
-
45,19
4,99
Groot (meer as 40 kg)
12 Me
-
47,21
1,85
Hoender (IQF)
12 Me
-
32,78
-0,26
Medium (30-40kg)
12 Me
-
48,05
0,05
Pork Average
12 Me
-
30,1
0,51
Poultry Average
12 Me
-
33,63
-0,08
Skaap A2/3
12 Me
-
81,25
-3,39
Skaap AB2/3
12 Me
-
71,07
-5,53
Skaap B2/3
12 Me
-
59,28
1,05
Skaap C2/3
12 Me
-
53,58
-3,44
Speenkalf
12 Me
-
31,71
0,67
Spekvarke
12 Me
-
30,61
-0,29
Stoorlammers
12 Me
-
41,49
-0,79
Varkwors
12 Me
-
23,9
-0,76
Vars Hoender
12 Me
-
34,08
0,01
Vleisvarke
12 Me
-
30,04
0,57
Deel

Kanola-saad uiteindelik op pad na SA

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Kanolasaad gaan tot einde Maart Suid-Afrika binnekom nadat boere al maande lank asem ophou oor of hulle betyds saad gaan kry vir planttyd vanjaar.

Ná ’n lang wag kom ’n noemenswaardige besending kanolasaad op 15 Maart in Suid-Afrika aan, net voor planttyd vir die komende winter. “Ná verwagting gaan net sowat 80% van die kanolasaad wat Suid-Afrika vanjaar benodig, ingevoer word,” het mnr. Koos Blanckenberg, voorsitter van die spesiale werkgroep vir kanola, op Graan SA se jaarkongres gesê.

“Heelwat saad gaan ook oor die laaste twee weke van Maart met vliegtuie inkom. Ons wag net nog om bevestiging van vlugnommers en tye te kry.”

Teruggehoude saad

Blanckenberg het aangedui dat die bedryf verwag dat net sowat 80% van Suid-Afrika se kanolasaad-behoefte ingevoer en beskikbaar sal wees. “Daar kan ’n tekort van 20% van nuwe saad wees. Om dit aan te vul sal produsente graan moet terughou om te kan plant,” het mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienste by Graan SA, gesê.

Mnr. Andries Theron, voorsitter van die Proteïennavorsingstigting (PNS), het teen middel Februarie vir Amelia Genis van Landbouweekblad gesê die probleem met saadbeskikbaarheid kom nou al ’n derde jaar voor, en kan meebring dat boere tot ’n groter mate hul eie saad vermeerder.

Theron het verduidelik dat kanola wat van teruggehoude saad geoes is, weer geplant kan word, maar hoewel dit nog nie getoets is nie, kan die opbrengsverliese en siekteprobleme veel groter wees as die 3-24% wat in 2021 in proewe op Langgewens waargeneem is.

Hou kommunikasiekanale oop

Blanckenberg het produsente op die kongres versoek om seker te maak dat hulle van nou tot met planttyd kommunikasiekanale oor die beskikbaar van saad vir hul bestellings oophou. “Hou aan om met ons te kommunikeer waar jy sukkel. Die ketting van die saad om by die boer te kom is lank en kommunikasie is moeilik, maar onthou Corné is voortdurend in kontak met die maatskappye.”

Die werkgroep oorweeg om later vanjaar Australië te besoek om met saadmaatskappye daar te vergader en die plaaslike boere se erns met die verbouing van kanola en ’n groeiende bedryf onder hul aandag te bring.

Mnr. Richard Krige, voorsitter van Graan SA se wintergraanwerkgroep, het verduidelik dat hoewel die meeste van Suid-Afrika se saad van Kanada af kom, dit die maatskappye in Australië se saad is wat in Kanada vermeerder word om binne Suid-Afrika se planttye saad te kan lewer en dit is hoekom die besoek aan Australië beplan word. 

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
19.66
+0.7%
Rand - Pond
24.27
-0.0%
Rand - Euro
21.10
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.81
-0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
1,022.46
0.0%
Palladium
1,423.51
0.0%
Goud
1,946.75
0.0%
Silwer
23.32
0.0%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,404
+0.6%
Alle aandele
76,590
+0.5%
Hulpbronne 10
67,438
+0.5%
Industriële 25
106,353
+1.0%
Finansiële 15
14,654
-0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkellopende man opsoek na sy prinses.
Tall dark and handsome 😆 my profiel foto is onlangs geneem. Nie sleg vir 44 nê? Afrikaans. Hou van goeie musiek, Netflix, kosmaak, braai en lekker kuier. Ek geniet...
Net lekker Geselskap
Spontaan en hou van mense met n lekker persoonlikheid soek asb nie iemand wat aan n bottel vasgemaak is nie en ook nie met tonne probleme nie
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot