Die rekord is behaal op aanplantings van 120 000 ha, wat 20 000 ha meer as verlede jaar is. Die meeste van die kanola kom uit die Overberg en Suid-Kaap.
Al het die gebiede ’n droë winter beleef, is goeie opbrengste behaal. Die bedryf moes ook probleme met die tydige beskikbaarheid van die regte saad oorkom weens kleiner oeste in Kanada en Australië van waar die saad ingevoer word, en probleme met die vervoer hierheen.
Mnr. Zander Spammer, landboukundige hulpbronbestuurder by Southern Oil Limited (Soill) op Swellendam, sê hoewel hy eers einde Februarie sal weet wat boere se amptelike voorneme om te plant is, meen hy hulle sal volgende jaar 10 000 ha tot 15 000 ha meer beplant.