AFGRI
BEAN
23 Me
-
9010
27,00
CORN
23 Me
-
4896
10,00
SOYA
23 Me
-
9180
45,00
SUNS
23 Me
-
11244
149,00
WEAT
23 Me
-
8304
93,00
WMAZ
23 Me
-
4666
35,00
YMAZ
23 Me
-
4741
-6,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
13 Me
-
168,05
3,02
Ave Wool - RWS
13 Me
-
179,53
-4,62
Beeste A2/3
13 Me
-
62,31
1,46
Beeste AB2/3
13 Me
-
59,74
1,26
Beeste B2/3
13 Me
-
54,18
-1,02
Beeste C2/3
13 Me
-
49,36
1,98
Bevrore Hoender
13 Me
-
31,09
0,25
Bokkies (onder 30 kg)
13 Me
-
59,25
-12,01
Bokooie
13 Me
-
48,53
-2,68
Groot (meer as 40 kg)
13 Me
-
43,21
-1,79
Hoender (IQF)
13 Me
-
29,58
0,11
Medium (30-40kg)
13 Me
-
55,89
4,30
Pork Average
13 Me
-
27,45
0,15
Poultry Average
13 Me
-
30,77
0,18
Skaap A2/3
13 Me
-
95,1
-1,87
Skaap AB2/3
13 Me
-
78,75
-0,91
Skaap B2/3
13 Me
-
75,51
-0,87
Skaap C2/3
13 Me
-
70,69
-1,09
Speenkalf
13 Me
-
38,26
0,47
Spekvarke
13 Me
-
27,63
-0,20
Stoorlammers
13 Me
-
47,29
-0,99
Varkwors
13 Me
-
21,94
0,00
Vars Hoender
13 Me
-
31,64
0,19
Vleisvarke
13 Me
-
27,41
0,12

Kanolaboere kan minder stikstof toedien – navorsing

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Suid-Kaapse graanboere gaan dalk nie weer die rekordoeste van 2020 behaal nie, maar in dié stadium is die vooruitsigte besonder belowend.
Foto: Amelia Genis
Suid-Kaapse graanboere gaan dalk nie weer die rekordoeste van 2020 behaal nie, maar in dié stadium is die vooruitsigte besonder belowend. Foto: Amelia Genis
Die meeste graanboere in die Wes-Kaap kan minder stikstof by kanola toedien sonder om opbrengs in te boet.

Dr. Izané Crous het in die navorsing wat sy vir haar doktorsgraad in landboukunde deur die Universiteit Stellenbosch (US) se fakulteit landbouwetenskappe gedoen het, bevind die meeste graanboere in die Wes-Kaap kan minder stikstof by kanola toedien sonder om opbrengs in te boet.

Crous, wat lank ’n adviseur vir kanolaboere was, sê ’n kleiner stikstofbehoefte is ’n gunstige gevolg van die beginsels van bewaringsboerdery wat boere al vir 20 tot 40 jaar lank toepas.As gevolg daarvan is hul grond “gesonder”, van nature meer stikstofryk en huisves dit meer “goeie” mikrobes.

Een van haar studieleiers, dr. Johan Labuschagne van die Wes-Kaapse departement van landbou, sê deur die langtermyntoepassing van die basiese beginsels van bewaringslandbou is die organiese koolstofinhoud van die grond en mikrobiese aktiwiteit daarin verhoog.

“Die gevolg is dat anorganiese stikstof in die grond vrygestel word. Daarom het die plante deesdae minder kunsmis-toegediende stikstof nodig om ’n sekere opbrengs te lewer.”

Crous se navorsing is die eerste keer dat die stikstofbehoeftes van kanola spesifiek tot Suid-Afrika ondersoek word. Plaaslike boere gebruik tans riglyne wat uit die plaaslike koringbedryf of van Australiese kanolaprodusente kom. Daarvolgens is 40 kg stikstof nodig om 1 ton kanolasaad te lewer. “Australiese grond en klimaat verskil egter van ons s’n,” sê Crous.

Sy het van 2016 tot 2019 by Darling, Porterville, Riversdal, Moorreesburg en Riviersonderend proewe gedoen en nou met die boere daar saamgewerk. Sy beskou hulle as haar belangrikste mentors.

WENKE

Stikstof is een van die belangrikste voedingstowwe wat nodig is om ‘n goeie opbrengs te verseker. Dit kan nogal duur wees, en te veel daarvan is nie goed vir ’n plant of die omgewing nie.

By kanola kan dit plantgroei en die lewering van saad en olie belemmer. Crous se navorsing toon dat te veel stikstof in die grond ook nie noodwendig groter opbrengste beteken nie, maar eerder die omgewing skade kan aandoen én produsente se winste benadeel.

Daarom moet mooi besluit word oor hoeveel stikstof toegedien word, en ook watter bron van stikstof – hetsy een wat nitraat, ammonium, ureum met of sonder ’n urease-inhibeerder bevat – gebruik word.

’n Gebied se klimaat en grondtoestand moet ook in ag geneem word. “Dis veral belangrik om nie te veel stikstof toe te dien in droë jare nie.”

Crous is deesdae ’n garskenner by AB InBev op hul navorsingsplaas by Caledon.Haar navorsing is uitgevoer onder leiding van Labuschagne en dr. Pieter Swanepoel van die departement landboukunde aan die US.

Haar veldnavorsing is gefinansier deur die Sasol Landboutrust en die Wes-Kaapse departement van landbou, en deur studiebeurse van die Proteïennavorsingstigting en Southern Oil Bpk (Soill).

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.76
+0.5%
Rand - Pond
19.82
+0.1%
Rand - Euro
16.85
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.20
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.7%
Goud
1,851.93
+0.3%
Silwer
21.78
+0.1%
Palladium
1,989.00
+1.0%
Platinum
960.00
+0.2%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,788
+1.3%
Alle aandele
68,367
+1.2%
Hulpbronne 10
74,616
+2.9%
Industriële 25
73,018
+0.1%
Finansiële 15
15,916
+1.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil n spesiale mens ontmoet
Wil die land deurkruis, plekke sien en dit met iemand deel. Ek is redelik maklik en nie vol fiemies nie.
Kom ek wys jou n oulike girl..
Hi hi. Ek is n 26 meisie van Benoni. Ek jou van gym en shopping. Ek is maar n plain Jane, Hou van om te dans en lekker braai. Ek kom van die plaas lewe af ook. Ek studeer nog...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot