Dit is omdat die meeste mielies op die vasteland in klimaatsgebiede verbou word waarin seisoenale uitbrekings geredelik kan plaasvind, volgens ’n navorsingsartikel in Frontiers in Insect Science.
Die studie is gedoen deur die Universiteit van Minnesota in Amerika se GEMS-informatikasentrum en die internasionale sentrum vir landbou en biowetenskap (CABI).
Hulle het bevind dat tot 92% van Afrika se mieliegebiede regdeur die jaar gunstig is vir kommandowurm. Die navorsingspan is bekommerd oor meer as net dié wurm.