AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Koop plaaslik om katoenbedryf te help

akkreditasie
Foto: Annemarie van Burick
Foto: Annemarie van Burick
Die katoenbedryf, wat tot in Maart vanjaar as ’n groot suksesverhaal in die Suid-Afrikaanse landbou beskou is, is een van die bedrywe wat erg deur die Covid-19-pandemie en inperking geknou word. Die bedryf pleit vir nouer samewerking binne die waardeketting en ’n “koop plaaslik”-veldtog.

Mnr. Cobus de Bruyn, Nedbank se landbouafdelingsbestuurder vir die noordelike provinsies, sê die volhoubare katoengroep, wat in Junie 2014 gestig is en die hele waardeketting onder een sambreel saamgevoeg het, het tot groot vooruitgang gelei. “Met R200 miljoen wat deur die departement van handel en nywerheid vir die projek bewillig is, het katoenproduksie en - verwerking met 800% toegeneem en byna 50 000 werksgeleenthede is in die sektor geskep of in stand gehou.”

Hy sê die inperking sedert 26 Maart was ’n groot terugslag vir die bedryf. Aanvanklik was die uitvoer van katoen opgeskort en al is die beperking later opgehef, het die wêreldwye vraag afgeneem en wêreldpryse getuimel. “Met ongeveer 80% van plaaslike katoen wat uitgevoer word, het dit verreikende gevolge vir die sektor.”

Geldelike druk onder kleinhandelaars skep ’n verdere probleem. Een van die belangrikste mikpunte van die katoengroep was om die plaaslike verkryging onder kleinhandelaars te verhoog van ’n pre-Covid-gemiddelde van 45% tot 63% teen 2030.

De Bruyn sê Edcon, die Mr Price-groep en Woolworths het hulle daartoe verbind om bestellings aansienlik te verhoog. Met Edcon wat in Junie in sakeredding geplaas is, is ’n jaarlikse bestelling van 2 200 ton plaaslik gepluisde katoen vir eers daarmee heen. Bestellings sal nou met die nuwe eienaars onderhandel moet word, met geen waarborg dat hulle sal voortgaan of dieselfde volume sal behou nie.

Hy sê Katoen SA glo as Suid-Afrika sy plaaslike verdeling van katoen kan verhoog tot ’n vlak waar dit die invoer van vier basiese kleinhandelitems – T-hemde, handdoeke, chinos en onderklere – met 50% kan vervang, kan dit meer as 75 000 werksgeleenthede in die bedryf skep, en bykans R10 miljard in die ekonomie inspuit.

Daarby kan dit armoede in die armste provinsies verlig en soos wat die druk op die land se watervoorraad toeneem, kan dit ’n alternatiewe gewas vir mielies wees.

Samewerking

De Bruyn glo in die gees van die katoengroep is samewerking nou die belangrikste kwessie en alle belanghebbendes moet saamstaan. “Nuwe eienaars moet nou aangemoedig word om by die kantoengroep aan te sluit en meer van Suid-Afrika se groot handelaarsgroepe, asook ander belanghebbendes, moet aan boord kom en die sektor ondersteun.

“Na ons mening kan die regering en die private sektor sake ’n groot hupstoot gee deur ’n ‘koop plaaslik’-veldtog van stapel te stuur. Tans is plaaslike produksie minder as Suid-Afrika se katoenveselverbruik van bykans 315 000 ton per jaar en ons voer steeds 95% van ons katoen in. Tog voer ons 80% van ons katoen uit.”

Hy sê plaaslike verbruik kan egter net toeneem met beleggings in die tekstielbedryf en meer katoenproduksie.

“Dit is nie meer goedkoper om katoen in te voer nie, want die rand verswak teenoor die dollar. Dit maak dus meer sakesin vir kleinhandelaars om die plaaslike sektor te ondersteun. ’n ‘Koop plaaslik’-kultuur sal die vraag na plaaslik vervaardigde katoen ’n hupstoot gee en meer winkelgroepe wat bestellings plaas vir plaaslike kantoenprodukte sal die hele waardeketting ondersteun.”

De Bruyn sê Nedbank verstaan die waardeketting van die katoensektor goed, en bied pasgemaakte oplossings aan die sektor. “Omdat ons die groter prentjie in ag neem, kan ons die regte finansieringsoplossings bied en die waarde van katoen as sekuriteit in berekening bring. Nedbank ondersteun ook transformasie in die landbousektor en neem deel aan verskeie transformasieprojekte, byvoorbeeld ’n katoen-, koring- en -mielieprojek by Taung in Noordwes.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
+0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.54
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
See,Bosveld en Kamp
My geloof is vir my baie belangrik, is spontaan, het ñ goeie sin vir humor. Reik uit na mede gelowiges en minder bevoorregtes. Ek is ñ baie liefdevolle persoon.
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot