Daar is 'n groot opeenhoping by die Durbanhawe en die aflaai van skepe met kunsmis is stadig.
Dr. Pieter Haumann, uitvoerende hoof van die kunsmisvereniging van Suider-Afrika (Fertasa), sê daar lê seker 'n goeie 30 skepe wat wag om afgelaai te word.
“Daar is nie probleme met die invoer self nie. Die aflaai is die groot probleem en die blokkasies by die hawens veroorsaak baie vertragings. Dit kan lei tot probleme met die vloei van die produk na die binneland.”