Graan SA se klem is op die winsgewendheid van die produsent, hetsy dit ’n klein, groot, wit of swart produsent is.
“Dit is die enigste manier waarop ons volhoubaar kan boer, en daarom moet ons alle struikelblokke aanpak wat dit teenwerk,” het dr. Pieter Taljaard, uitvoerende hoof van Graan SA, op ’n streekvergadering op Bultfontein in die Vrystaat gesê.
Graan SA se bestuur het streekvergaderings in verskeie provinsies bygewoon om terugvoer te gee oor sleutelkwessies wat graanprodusente raak. Hy wou ook van sy lede hoor watter knelpunte hulle ervaar en hoe Graan SA hulle daarmee kan bystaan.