Internasionaal is koringpryse op hoë vlakke sedert Rusland Oekraïne ingeval het.
Die nuwe Suid-Afrikaanse plantseisoen vir koring het begin, met wêreldkoringmarkte wat onder druk is en dollarpryse wat weens verskeie faktore hoog bly.
Volgens die voorlopige plantvoorneme vir koring wat die Oesskattingskomitee einde April bekend gemaak het, het boere aangedui hulle beoog om koringaanplantings teenoor verlede jaar met sowat 2,8% uit te brei tot 538 350 ha.