Die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het ’n versoek ontvang om die mieliegraderingsregulasies te wysig. Die bedryfsverteenwoordigers, soos Graan SA, Agbiz Grain, die NCM, Sacota en Afma, is versoek om teen einde November 2022 kommentaar op die voorgestelde wysigings in te dien.
Die departement het op 17 Januarie 2023 met die belanghebbendes vergader. Hulle kon nie konsensus oor die wysigings bereik nie. Daar is onsekerheid of die navorsing voldoende is om die voorgestelde wysigings te ondersteun en die gebrek aan konsensus het die besluit van die departement bepaal.
Klem is daarop gelê dat wetgewing verbruikers se voedselveiligheid voorop stel. Enige voorgestelde wysigings van ’n graderingsfaktor wat die voorkoms van mikotoksiene kan verhoog, word onder die vergrootglas geplaas. Die opbergingsektor het die volgende kommentaar op die voorgestelde wysigings ingedien.