AFGRI
BEAN
24 Mrt
-
9660
0,00
CORN
24 Mrt
-
4531
0,00
SOYA
24 Mrt
-
8206
0,00
SUNS
24 Mrt
-
9348
0,00
WEAT
24 Mrt
-
6461
0,00
WMAZ
24 Mrt
-
3893
0,00
YMAZ
24 Mrt
-
3996
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Min verrassings in nuutste somer-oesskatting

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Werner Rossouw
Foto: Werner Rossouw
Hoewel die kommersiële sojaboonoes in die nuutste oesskatting met ’n verdere 8% opwaarts aangepas is tot ’n nuwe rekordhoogte van 2,1 miljoen ton, was dit nie vir kenners in die bedryf ’n verrassing nie.

Dr Werner Rossouw, direkteur van Silostrat, sê volgens die werklike lewerings teen middel Junie was die oes reeds meer as die vorige amptelike skatting en daarom was ’n opwaartse aanpassing te wagte. “As ’n mens kyk na die historiese lewerings van middel Junie af vir die res van die bemarkingsjaar, dan dink ek die aanpassing is realisties en ek is baie gemaklik met die nuwe oesgrootte.”

Die nasionale oesskattingskomitee (NOK) het in sy vyfde skatting die sojaboon-oes met 161 000 ton verhoog. Die geskatte oppervlakte is 925 300 ha en die verwagte gemiddelde opbrengs is 2,26 t/ha. Rossouw sê die Vrystaat se opbrengs het verhoog van 1,9 t/ha tot 2,1 t/ha en dit is ook baie realisties.

“Dit laat ons met ’n verwagte baie gesonde oordragvoorraad op sojabone teen einde Februarie en daarmee saam is daar die verwagting van rekord-aanplantings van sojabone in die komende seisoen. Dit behoort ons in ’n baie gesonde posisie in die komende seisoen te plaas.”

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê die oesproses in die somerreëngebied is nou in volle gang en volgens terugvoer van boere oor opbrengste, word nie verwag dat die NOK se skattings in die komende maande veel sal verander nie.

Hy sê dit was geen verrassing dat die sonneblom-oes effens met 0,2% van laasmaand se 961 350 ton afwaarts aangepas is nie, gegewe die stadige produsente-lewerings. Teen 17 Junie was nog net sowat 594 000 ton gelewer, maar dit word toegeskryf aan die laat aanplantings. Die oppervlakteskatting is 670 700 ha en die verwagte opbrengs is 1,43 t/ha.

Die NOK se verwagte grootte van die kommersële mielie-oes is 14,68 miljoen ton, 0,3% laer as verlede maand. Die skatting van die oppervlakte onder mielies is 2,6 miljoen ha, terwyl die verwagte opbrengs 5,6 t/ha is. Hoewel die geskatte mielie-oes 10% kleiner as die 2021-oes is, is dit steeds aansienlik meer as die tienjaargemiddelde van 12,8 miljoen ton. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede – die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes – gaan na verwagting 81% van die 2022-oes oplewer.

Die oppervlakte onder witmielies is 1,58 miljoen ha met ’n opbrengs van 4,7 t/ha en vir geelmielies is die oppervlakte 1,05 miljoen ha met ’n opbrengs van 6,9 t/ha. Die produksieskatting van witmielies is nou 7,47 miljoen ton, wat 1,1% laer as verlede maand is, en vir geelmielies 7,21 miljoen ton, wat 0,55% meer is.

Die oppervlakte beplant met mielies in die nie-kommersiële landbousektor bly op 378 800 ha, wat ’n toename van 4,38% verteenwoordig teenoor die vorige seisoen. Die verwagte mielie-oes van dié sektor is 667 000 ton, wat 4,80% meer is as die 636 440 ton van die vorige seisoen. Sowat 47% hiervan word in die Oos-Kaap verbou en 22% in KwaZulu-Natal.

Wat ander somergewasse betref, het die NOK die verwagte grondbone-oes met 22% afwaarts aangepas van 70 400 ton tot tot 55 000 ton. Die oppervlakteskatting is 43 400 ha, terwyl the verwagte opbrengs 1,26 t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is 140 800 ton, wat 2,6% hoër is as verlede maand. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 37 200 ha en die verwagte opbrengs is 3,79 t/ha. In die geval van droëbone is die produksieskatting met 4% afwaarts aangepas tot 53 600 ton. Die oppervlakte beplant met droëbone is 42 900 ha, en die verwagte opbrengs is 1,25 t/ha. 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.17
-0.5%
Rand - Pond
22.22
-0.0%
Rand - Euro
19.59
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.0%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Platinum
976.84
0.0%
Palladium
1,415.66
0.0%
Goud
1,978.67
0.0%
Silwer
23.23
0.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,181
-1.3%
Alle aandele
74,695
-1.2%
Hulpbronne 10
64,294
-1.4%
Industriële 25
101,619
-1.0%
Finansiële 15
15,178
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Leweslustig ,Geniet die lewe
Lewenslustig. Hou van 4×4. Asook kamp. Dans graag. Baie vriendelik en spontaan. Diere tans friesperde asook miniatuurperde en 3 yorkies. Braai graag asook fliek en vertonings...
Fantastiese kok wil jou lewe bietjie geur
Free spiritual open minded romanticse liefde volle dame, wat soveel liefde het om te gee, het nie tyd vir games en man's wat nie weet wat hul wil he nie, soek n soul mate xxx
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot