AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Nagmuise slaan toe op jong gesaaides in Wes-Kaap

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Amelia Genis
Foto: Amelia Genis
Met planttyd wat eersdaags in die Wes-Kaap op groot skaal aanbreek, het sommige boere reeds aangedui dat nagmuise op jong gesaaides begin toeslaan.

Nagmuise is ’n voortslepende probleem wat veral met die aanbreek van planttyd kop uitsteek, vertel mnr. Gideon Melck, van die plaas Waterboerskraal by Hopefield, waar die Wes-Kaapse Sandveld begin. Gedurende die somer moet boere dus die nodige planne beraam om dié probleem te bekamp.

Ná planttyd word bekampingsmaatreëls weer toegepas om te probeer voorkom dat die nagmuise begin aanteel. Na gelang van die grootte van die plaas kan die bekamping van nagmuise ’n boer van R100 000 tot R140 000 aan arbeid en chemikalieë kos. Indien nagmuise nie bekamp word nie, kan hulle volgens Melck skade van tot R250 000 veroorsaak wanneer hulle jong saailinge uitgrawe en vreet.

Mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienste by Graan SA, sê nagmuise was gedurende November en Desember verlede jaar ’n probleem in veral die omgewing van Bothaville en Wesselsbron in die Vrystaat, asook in Mpumalanga. Hy sê hulle het reeds klagtes van boere in die Wes-Kaap ontvang wat sukkel om nagmuise te bekamp.

“Saad is verskriklik duur en elke plant wat oorgeplant moet word, is agter skedule. Dit gaan dus nie net oor die koste van die saad oorplant nie. Na gelang van hoe groot die area is wat oorgeplant moet word, sal die boer moontlik ’n planter moet inspan. Dit beteken daar is ’n bykomende brandstofkoste. Dan het ’n mens nog nie eens gepraat oor die moontlike verlies aan opbrengs en die koste om die nagmuise te bekamp nie.”

Louw raai boere aan om dr. Gerhard Verdoorn, bedryfsbestuurder van CropLife SA, se omvattende gids oor die bestuur van nagmuise te volg ten einde die nodige voorsorgmaatreëls toe te pas en finansiële verliese te vermy. Die gids verduidelik hoe ’n breër benadering, soos die inspan van uile, gevolg kan word om nagmuise te bekamp.

Volgens hom moet boere ook met strooptyd aandag aan die bekamping van nagmuise gee. “Dit is beslis ’n geval van voorsorg is beter as nasorg.”

Die gids is hier beskikbaar.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
+0.3%
Rand - Pond
22.29
+0.1%
Rand - Euro
19.64
-0.0%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Platinum
977.90
+1.0%
Palladium
1,440.88
-0.5%
Goud
1,970.69
+0.3%
Silwer
23.72
+1.7%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,618
+1.1%
Alle aandele
77,252
+1.0%
Hulpbronne 10
68,504
+2.8%
Industriële 25
103,934
+0.6%
Finansiële 15
15,616
+0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom en lê my neer
Lief vir die lewe, lief vir die natuur. tyd om iemand ook lief te hê. Man wat nog weet hor om ñ gentlemen te wees, hande nie bang is vir werk nie, iemand wat weet hoe om ñ...
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot