Saaiboere daar beproef nou ook sesam om risiko te verskans, en die aptyt vir genetiese gemodifiseerde (GM) mielies begin ook groei.
Dit is ’n klein saadjie met ’n reuse-opbrengspotensiaal, en nou is dit wag en kyk of sesamverbouing in Namibië gaan posvat. Die wydverspreide suksesvolle verbouing van droogteverdraagsame sesam in Afrika word nou ook in Namibië beproef.
Twaalf van die 20 topproduserende lande ter wêreld is immers in Afrika. Tanzanië en Nigerië is die grootste produsente in Afrika en maak saam met Mianmar, Indië en China die internasionale topvyf uit.