AFGRI
BEAN
30 Mrt
-
9822
48,00
CORN
30 Mrt
-
4145
-6,00
SOYA
30 Mrt
-
8640
-25,00
SUNS
30 Mrt
-
8780
-39,00
WEAT
30 Mrt
-
6695
16,00
WMAZ
30 Mrt
-
3846
-5,00
YMAZ
30 Mrt
-
4021
-6,00
Deel

Nat toestande pootjie plantery in die Vrystaat

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf
Baie reën in groot dele van die Vrystaat verhoed dat boere alles kan plant wat hulle beplan het.

Hoewel aanplantings van somergewasse in die Vrystaat vroeër as normaalweg begin het en sowat die helfte van die mieliehektare en 80% van sojabone aan die begin van die maand geplant was, het reën sedertdien die proses vertraag.

Mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienste by Graan SA, sê met optimale planttyd van mielies reeds verby, sal boere waarskynlik na alternatiewe soos voeraanplantings moet kyk. ’n Opname wat me. Elana Bester, kommunikasiebeampte van Vrystaat Landbou, in hul streke gemaak het, bevestig ook die probleme met te veel reën. 

Bester sê in die Betlehem-omgewing het daar van verlede Maandag af sowat 84 mm reën uitgesak. Mnr. Hugo van Doornick, streekverteenwoordiger van Vrystaat Landbou op Bethlehem, sê meeste produsente het 80% tot 90% van hulle beplande gesaaides geplant gekry. 

“Die res van die landerye sal nou vir droëbone of voer vir vee benut moet word, of moet lê vir wintergrane. In die lande is die mielies en sojabone wat geplant is mooi waar daar nie versuipkolle is nie.

“In baie lande is daar nou egter versuipkolle waar dit nooit voorheen ’n probleem was nie. Só oeste is klaar net gemiddeld van wat dit kan wees. Die koring wat daar is lyk mooi, maar vasval het die nuwe sport geword in ’n poging om in die lande te kom.”     

Ander hoofbrekens

Van Doornick sê weidings en vee lyk ook goed, maar produsente ondervind probleme met haarwurm by hulle vee. Vrotpootjie is ook ’n probleem weens die nat weidings.

Mnr. Ben Duminy, verteenwoordiger van die Reitz-area, sê by hulle is haarwurm ook nou ’n probleem, maar verder is die veld mooi en die diere lyk goed.  Hy sê dit het in Desember sover in hulle streek tussen 100 mm en 160 mm gereën en die grond is baie nat. 

“Sowat 90% is geplant van wat oorpronklik beplan is. Ek het pas deur ’n groot deel van die streek gery en die mielies en sojas staan mooi, maar daar is  plek-plek skade weens verspoelings. Daar word ook koring gestroop hoewel daar deesdae maar min koring in ons streek verbou word.”

In die Wes-Vrystaat, wat die Wesselsbron- en Bothaville-omgewing insluit, het dit ook baie gereën. Mnr. Jakkals le Roux, streekverteenwoordiger, sê veral groot dele in die rigting van Bothaville het net in verlede week tot 100 mm reën gehad. “Op die oomblik lyk gesaaides wat nie in die reën staan nie goed, en ons is dankbaar vir die sonskyn van die afgelope paar dae.”

Soos in al die dele van Noordwes en die Vrystaat kla hy ook oor die swak toestand van paaie weens verspoelings en swak onderhoud.  

Mnr. Andre Janse van Rensburg, wat Bultfontein-omgewing verteenwoordig, sê plek-plek het hulle ook te veel water, veral Hoopstad se kant toe. Hy sê daar is nog heelwat sonneblom wat geplant moet word, maar dit vorder.

Sonskyn help

Mnr. Gys Olivier, voorsitter van Agri Hertzogville, sê in hulle gebied is dit ook baie nat, daar is versuipkolle en op plekke was daar haelskade. “Die afgelope paar dae se sonskyn het egter wondere verrig en ek dink meeste boere het geplant gekry wat hulle wou plant en daar is steeds die laaste bietjie plantery aan die gang. As ek moet raai is meer as 90% klaar.”

Hy sê sojabone vaar beter onder die nat toestande en al hoe meer mielies moet plek maak vir sojabone. 

“Ons is op ’n manier geseënd in ons sandgrond. As daar water lê kan jy nie ry nie maar as die son skyn droog dit baie gou af. Die paaie het baie skade en die totale infrastruktuur dobber maar op die randjie van die afgrond. Ons moet nou bome ook uithaal om dit moontlik te maak om langs die paaie te kan ry. Ons is so 120 boere in die vereniging en almal deel dieselfde vrees: wanneer gaan kontrakteurs begin weier om goed by jou te kom op- of aflaai weens skade aan voertuie?” 

 

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.05
+0.3%
Rand - Pond
22.25
+0.2%
Rand - Euro
19.63
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.08
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.0%
Platinum
978.74
+1.1%
Palladium
1,444.64
-0.3%
Goud
1,970.36
+0.3%
Silwer
23.75
+1.8%
Brent-ruolie
78.28
-0.5%
Top-40
71,580
+1.0%
Alle aandele
77,208
+1.0%
Hulpbronne 10
68,347
+2.5%
Industriële 25
103,946
+0.6%
Finansiële 15
15,625
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom en lê my neer
Lief vir die lewe, lief vir die natuur. tyd om iemand ook lief te hê. Man wat nog weet hor om ñ gentlemen te wees, hande nie bang is vir werk nie, iemand wat weet hoe om ñ...
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot