AFGRI
BEAN
23 Mrt
-
9660
-325,00
CORN
23 Mrt
-
4390
-69,00
SOYA
23 Mrt
-
8245
-213,00
SUNS
23 Mrt
-
8600
-500,00
WEAT
23 Mrt
-
6340
-126,00
WMAZ
23 Mrt
-
3870
-79,00
YMAZ
23 Mrt
-
3976
-143,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Nuwe mark vir witmielies, mits . . .

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie. Foto: Vida Booysen
Ter illustrasie. Foto: Vida Booysen
Die pad is amper oop vir mielie-uitvoer na Kenia as die heffing laat vaar word.

’n Besluit van Kenia verlede Maandag (3 Oktober) om die invoer van geneties gemodifiseerde (GM) mielies toe te laat, skep ’n nuwe mark vir Suid-Afrikaanse mielies, maar Kenia sal ’n invoerheffing moet laat vaar om dit finansieel haalbaar te maak.

Ná ’n verbod van 10 jaar op die produksie of invoer van GM gewasse het die voortslepende droogte en hongersnood in Kenia daartoe gelei dat pres. William Samoei Ruto bekend gemaak het dat die invoer van GM mielies voortaan toegelaat sal word. Die land loop deur onder ’n droogte wat al drie jaar duur en tot ’n voedseltekort vir 4 miljoen Keniane gelei het.

Dr. André van der Vyver, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse graan-en-oliesadehandelsvereniging (Sacota), sê as Suid-Afrika witmielies na Kenia belastingvry kan uitvoer, is daar geleenthede vir uitvoer tot November vanjaar wanneer die plaaslike aanbod weer in die vraag sal voorsien en wanneer pryse daar ook na verwagting sal daal.

“Die twee kwellinge is of die heffingvrye invoertydperk wat op die oomblik tot 30 September geld, verder verleng sal word en ook of daar genoeg tyd vir uitvoer teen November sal wees.” Hy sê die besluite oor die GMO’s en die heffings moet verkieslik eers amptelik afgekondig word, voordat handelsooreenkomste gesluit word. Die alternatief is dat die koper met ’n transaksie voortgaan met die hoop dat die heffing laat vaar word voor die skip in Mombasa aankom vir invoerklaring.

Heffing en risiko

Die heffing (21% van die koste by die hawe) sal bepaal of WM1 mededingend ingevoer kan word. Teen huidige pryse sal die handelaar geen vergoeding ontvang vir die risiko wat met so ’n transaksie gepaard gaan nie.

Van der Vyver sê Kenia se nuwe oes sal na verwagting groot genoeg wees om van November tot April 2023 in die plaaslike vraag te voorsien. Dit word beraam dat Kenia vir die 2022-’23-seisoen van 700 000 ton tot 1 miljoen ton mielies sal moet invoer, wat 21% van die streek se invoer van 3,4 miljoen ton sal behels.

Hy sê die tydsberekening van invoer is van deurslaggewende belang. Die vraag is of Kenia kan wag tot oestyd in November begin en of hy sy voorrade vroeër sal moet aanvul en indien wel, met hoeveel. Invoeropsies van witmielies op die internasionale mark is beperk. Suid-Afrika is een van min uitvoerders, saam met Mexiko en Amerika, maar vanjaar voer Suid-Afrika reeds na Mexiko ook uit.

Tradisioneel is Tanzanië een van die groot verskaffers van mielies aan Kenia, maar volgens die Amerikaanse departement van landbou se ramings sal Tanzanië se uitvoer van 800 000 ton tot net 100 000 ton hierdie seisoen krimp. Ander tradisionele verskaffers soos Zambië en Uganda ondervind ook probleme.

“Die Kenia-mark kan ’n geleentheid op lang termyn vir Suid-Afrika bied. Statistieke toon dat die plaaslike produksie vinniger groei as die plaaslike vraag, 11% teenoor 3% per jaar. Dit is ’n goeie aanduiding dat Suid-Afrika vir die voorsienbare toekoms ’n netto uitvoerder sal bly.”

Hy sê vir uitvoer binne die volgende twee maande is daar egter struikelblokke. Baie skeepsvragte vir wit- en geelmielies uit Durban is reeds bespreek en daar is min tydgleuwe oop. “Dit sal waarskynlik beteken dat vragte omgeruil moet word of skepe by ander hawens soos Oos-Londen moet laai, wat met eiesoortige beperkinge en probleme gepaard sal gaan.”
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.09
+1.2%
Rand - Pond
22.23
+0.9%
Rand - Euro
19.60
+1.3%
Rand - Aus dollar
12.10
+1.1%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
984.71
-0.0%
Palladium
1,432.62
-0.7%
Goud
1,993.64
+1.2%
Silwer
23.07
+0.4%
Brent-ruolie
76.69
+1.8%
Top-40
70,066
+0.4%
Alle aandele
75,585
+0.5%
Hulpbronne 10
65,190
-0.9%
Industriële 25
102,646
+0.9%
Finansiële 15
15,424
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Wil jou lewe vereik
Ek stel belang in haar lewe. Ek het baie baie liefde Om te gee. Bereid Om by haar aan te pas en te leer
Nie net n goeie mamma,Kan n goeie vriendin ook wees
Want Ek is opregte mense. Het baie seer gekry. Ek is reguit mens. Ek is Altyd vriendelik en gee my Al's. Ek Hou daar van Om Saam mense te lag en sports te Kan hê. Ek Kyk...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot