Dit bied beskerming as voorplant-, vooropkoms- en vroeë opkomsmiddel, veral in die winterreënstreke. Die onkruiddoder bevat die aktiewe bestanddele chlortoluron en isoksaben wat in plaaslike proewe ’n suksesvolle kombinasie teen raaigras en sekere breëblaaronkruid was.
Mnr. Henry Hoek, afdelingshoof van bemarking, sê weerstand teen raaigras (Lolium spp.) wat tussen graan opkom, is ’n groot frustrasie vir saaiboere. Weerstand word ook mettertyd teen onkruiddoders opgebou.
Die goeie nuus is dat dit nie met Aubaine® gebeur nie, wat raaigras bestry en ook ’n doeltreffende middel in die boer se arsenaal is om weerstand te bestuur.