Die produk, Miravis® Neo (reg.nr. L11102, Wet 36 van 1947), is geregistreer vir die voorkomende bekamping van vaalblaar (Septoria spp.) by koring, en poeieragtige meeldou (Blumeria graminis) en roes (Puccinia spp.) by koring, gars en hawer.
Dit is vir gars en hawer geregistreer vir die voorkomende bekamping van netvlek (Pyrenophora teres) en blaarvlek (Rhyncosporium secalis), en saam met Bravo® (reg.nr. L1007) ook teen Ramularia-blaarvlek (Ramularia collo-cygni).
Mnr. Christian Giesel, bemarkingshoof van Syngenta, sê die nuwe produk beloof om graanlande vir langer groen te hou in die kleingraanseisoen. “Dit is ’n nuwe era in die voorkomende bekamping van blaarsiektes omdat dit aan kleingraanboere ’n doeltreffende beheerstelsel bied teen ’n siekte wat jaarliks groot finansiële verliese veroorsaak.”