Op die land waar hy verlede jaar die hoogste mielie-opbrengs van 23,361 t/ha onder besproeiing in Graan SA se Groei vir Goud-kompetisie behaal het, het die stroper se opbrengsmonitor soms verby 30 t/ha geskiet.
Bruwer is deel van die Genade-boerdery in dié distrik, ’n familieboerdery waarby sy pa, Vickie, en broers, Gerhard en Vickie jr., ook betrokke is. Al is hul verbouingsmetodes toegespits op die maksimum opbrengs ter wille van die hoogste wins op elke land, is die wêreldrekords vir mielies en koring wel in die agterkop.
“Hoewel ons wenopbrengs relatief ver van die wêreldrekord van 38 t/ha is wat met dieselfde kultivar in Amerika opgestel is, stroop die Amerikaners hul mielies teen ongeveer 16,5% vog.