Die jaarlikse aanpassing in die opbergingstariewe vir voorraad op JSE-silosertifikate geskied drie keer per jaar vir die onderskeie bemarkingsjare vir oliesade, somergrane en wintergrane.
Die aanpassing is op die produsenteprysindeks (PPI) gegrond en word nie deur vraag en aanbod bepaal nie. Die opbergingsektor se mandjie koste word egter bykomend blootgestel aan unieke kwessies en spesifieke kostestygings wat nie volledig in die PPI weerspieël word nie.
Die gewig van ’n sekere koste-artikel vir opberging verskil van die insluiting daarvan in die PPI of die betrokke subindeks. Elektrisiteit is ’n voorbeeld.