Dit is koring van mnr. JP Truter, wat die plaas huur. Smit sê die Swartland ervaar tot dusver ’n baie goeie seisoen.
“Die gesaaides lyk vanjaar ekstra mooi.” Hy is ’n ywerige fotograaf en neem graag foto’s wanneer hy nie boerderyverpligtinge het nie. Hy en sy seun, Theo, is Angus-stoetboere en boer ook met Hampshire Down-stoetskape.
Hulle saai net vir voer vir die beeste en skape. Smit sr. is ook die direkteur van Taurus-Evolution wat genetiese materiaal reg oor Suid-Afrika en Afrika versprei