Mnr. Andries Theron, voorsitter van die Proteïennavorsingstigting (PNS), sê die probleem met saadbeskikbaarheid kom nou al vir ’n derde jaar voor, en kan meebring dat boere tot ’n groter mate hul eie saad vermeerder.
“Jy koop een sakkie saad en vermeerder dit. Dit is baie goedkoper en jy behandel die saad soos jy moet. Oor twee, drie jaar sê die saadmaatskappye hulle verkoop nie meer genoeg saad nie en gaan ophou om saad in te voer.
“Dan verloor ons toegang tot nuwe teelmateriaal in Suid-Afrika.”