Hoewel dit steeds baie druk gaan met die aflaai en verspreiding van ingevoerde kunsmis, voorsien dr. Pieter Haumann, uitvoerende hoof van die kunsmisvereniging van Suider-Afrika (Fertasa), nie in hierdie stadium tekorte in die binneland nie.
Hy sê die staking het ’n groot invloed gehad en die druk in die hawens laat toeneem. “Dit het die verspreiding beïnvloed en daar kan vertragings wees om die regte hoeveelhede te kry. Met die baie reën is daar nou ook ’n vertraging met aanplantings en baie boere wag dat landerye eers moet afdroog. Die druk kan toeneem as daar op groot skaal weer geplant gaan word.
“Op die oomblik is dit maar wag en kyk. Die invoer is stadig, maar dit gaan darem deur. Daar is steeds skepe wat moet wag om af te laai, maar daar is voorraadtekorte nie.”