In tye van hoë insetkoste mag ’n boer se planne nooit opraak nie. ’n Balanseertoertjie van herlewingslandbou met verskillende fases van verminderde en geenbewerking, en ’n deeglike grondslag van proewe met verskillende kombinasies dekgewasse én presisieboerdery, maak dat die 40-jarige Izak van Zyl van die plaas Knapdaar, Makwassie, altyd vooruit boer.
Dit het hom ook gehelp om in 2022 in Graan SA se Groei vir Goud-opbrengskompetisie koning te kraai in die afdeling vir sojabone onder droëlandverbouing in Noordwes. Sy opbrengs met die kultivar DM 6.8iRR van Don Mario wat deur Agricol bemark word, het 5,408 t/ha beloop.
Die vorige rekord was 5,34 t/ha. Izak se inskrywing het 8,5 kg graan per mm reën opgelewer. Die veranderlike koste was R5 000/ha en die wins R38 000/ha. “Hoewel opbrengs belangrik is, streef ek altyd na wins en mik vir ’n inkomste van 30% bokant insetkoste.