Kan ons mielies onder wit skadunet plant? Dit sal met druppers besproei word en bemesting sal toegedien word. Dit is slegs vir die kweek van groenmielies. Kan ’n mens vroëer plant met die beskerming van die skadunet?
Mielies benodig lig (son en energie), voeding en water om te kan groei. Indien die lig beperk word, sal dit langer duur vir die plant om sy siklus te voltooi. ’n Mielie met ’n mediumgroeityd sal byvoorbeeld ná 55 dae begin saad maak by Vryburg, maar eers ná 75 dae by Ermelo.
Skadunet wat lig inlaat, kan werk, maar onthou dat die sonstrale deur die net gebreek word. Verskeie nette is beskikbaar wat die deurlaatbaarheid van son betref. Ek reken dit gaan langer duur voor die mielies gereed is om te oes.