Dit sal ietwat groter wees as verlede jaar se rekordoes van 198 000 ton, maar in landboutoestande wat aansienlik swakker is.
“Die kanola is baie goed. Die klimaat sê ons moet ’n swak jaar soos 2019 hê, maar die gemiddelde opbrengs sal so 1,7-1,8 t/ha wees.”
Wat hy vanjaar vreemd vind, is die groot verskille tussen kanolakampe op dieselfde plaas. Hy skryf dit toe aan donderstorms.