Só sê die KwaZulu-Natalse boer mnr. Bertus Albertse wat onlangs saam met sy twee seuns ’n nuwe rekord-droëlandmielie-opbrengs vir dié provinsie behaal het Nin Graan SA se Groei vir Goud opbrengskompetisie.
Nadat hy in 2013 met saai- en veeboerdery begin het, het Albertse, ’n opgeleide rekenmeester en landboukommoditeitsmakelaar, geen tyd gemors om sy reeds goed geoefende brein aan die werk te sit en omvattende navorsing oor die beste bestuurspraktyke vir die boerdery te doen nie.
Hy het slegs internasionale navorsing oorweeg, suksesvolle en geloofwaardige Noord-Amerikaanse boere geraadpleeg en met betroubare raadgewers gepraat wat die drie Albertse-manne se visie en doelwitte vir hul boerderybedrywighede ten volle verstaan.