Twee boere-broers van KwaZulu-Natal kry dit reg met bewese tegnologie wat boere vinniger terug in hul nat lande kry.
Die kommersiële boer-broerspan mnre. Stephan en Jaro Geldenhuys van Normandien in KwaZulu-Natal stel al sedert 2017 ondersoek in by kerngebiede soos Viljoenskroon, Allanridge, Wesselsbron, Hoopstad, Leeudoringstad en Bothaville.
Hul maatskappy Agri Drainage is ’n wêreldleier in watertafelbestuur en hulle het al meer as 3 miljoen meter ondergrondse dreineerpype geïnstalleer en meer as 15 000 ha se oppervlaktedreinering gedoen.