AFGRI
BEAN
07 Des
-
7536
0,00
CORN
07 Des
-
3793,8
13,80
SOYA
07 Des
-
7515
-24,00
SUNS
07 Des
-
10790
58,00
WEAT
07 Des
-
6289
-41,00
WMAZ
07 Des
-
3519
27,00
YMAZ
07 Des
-
3787
26,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Sojabone: Nuwe saadtegnologie binnekort beskikbaar

akkreditasie
Sojabone. Foto: Zunckel Farms
Sojabone. Foto: Zunckel Farms
’n Deurbraak wag op sojaboonboere in Suid-Afrika wanneer sojaboonsaad wat die gesogte Intacta Roundup Ready 2 Pro-tegnologie bevat, waarskynlik in die 2022-’23-produksieseisoen kommersieel plaaslik beskikbaar sal wees.

Mnr. Klaus Eckstein, uitvoerende hoof van Bayer Crop Science in Suid-Afrika, het die nuus op ’n virtuele nuuskonferensie bekend gemaak en die opbrengsverhoging van 7% tot 10% waartoe dit kan lei, as ’n “wonderwerk” beskryf.

“Ek noem dit ’n wonderwerk omdat opbrengste plaaslik baie laer is as in Argentinië en Brasilië en Suid-Afrika 40% tot 60% van sy sojabone moet invoer. Suid-Afrika moes nuwe tegnologie en kiemplasma kry om plaaslike sojaboonboere se mededigendheid te verhoog en die land minder afhanklik van buitelandse oliekoek-invoer te maak. Die is goeie nuus wat ons vandag kan vier.”

Hy het gesê die registrasieproses is nog aan die gang en hy hoop dat dit afgehandel sal wees as die plantseisoen aanstaande jaar aanbreek. Verskeie kultivars wat die tegnologie bevat, word reeds plaaslik in geslote proewe getoets.

Die tegnologie word reeds sowat sewe jaar lank in lande soos Brasilië benut en sowat 80% van kultivars wat daar aangeplant word, bevat die tegnologie. Die Intacta RR 2 Pro-sojabone se opbrengs is hoër omdat die Intacta uitstekende beskerming bied teen plae soos Afrika-bolwurm, wat die belangrikste insekplaag by plaaslike sojabone is. Terselfdertyd bied die Roundup Ready 2 verdraagsaamheid teenoor glifosaat om verbeterde onkruidbekamping te verseker.

Eckstein het gesê Suid-Afrika is ’n waterskaars land en Roundup Ready-tegnologie het reeds die afgelope 21 jaar bygedra om deur bewaringsbewerking te help om koolstof in die grond vas te vang en water te help bewaar. Byna 100% van sojabone wat in Suid-Afrika verbou word, bevat reeds dié tegnologie. Die Roundup Ready 2 is egter verbeterde tegnologie wat verder gekombineer is met die Intacta en verbeterde kultivars.

Graan SA het vroeër ná ’n studie oor vyf jaar in vier Suid-Amerikaanse lande verwys wat getoon het vir elke dollar wat produsente aan Intacta RR2 Pro-tegnologie bestee het, hulle vergeleke met konvensionele saad $3,88 in ekstra inkomste gekry het. In Suid-Afrika sou dit beteken het vir elke R14,77 bestee aan die nuwe saad sou die boer R57,30 teruggekry het. Dit sluit in die toename in opbrengs, asook die laer koste aan onkruid- en insekdoder.

Sedert 2013 is daar vir vyf jaar sowat 73 miljoen ha van die verbeterde kultivars in Argentinië, Brasilië, Paraguay en Uruguay aangeplant. Die impak op die omgewing is met meer as 30% verminder danksy die feit dat 10 miljoen kg minder insek- en onkruiddoder gebruik is en meer as 200 miljoen liter water bespaar is, aldus die studie.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.93
-0.0%
Rand - Pond
21.13
-0.0%
Rand - Euro
17.98
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.30
-0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Goud
1,783.25
+0.3%
Silwer
22.44
+0.2%
Palladium
1,862.76
+0.4%
Platinum
955.54
+1.4%
Brent-ruolie
73.08
+4.6%
Top-40
65,709
+1.7%
Alle aandele
72,125
+1.6%
Hulpbronne 10
68,909
+2.2%
Industriële 25
95,283
+2.0%
Finansiële 15
14,018
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek buitelyg maat
Ek is maar net ek lief vir die buite lewe leer my ken en jy het n vriend for life
Ek us ma net ek
Ek is maar net ek. Hou van die buite lewe, sport, musiek, hou daarvan om saam familie en vriende te kuier, avontuurlustig, spontaan, staat maker, opreg, vat nie nonsins nie....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot