Produsente in die somerreëngebied sal binnekort ’n beter aanduiding kry of sojaboonaanplantings te midde van nat toestande die magiese miljoen hektaar kon verbysteek.
’n Voorlopige oppervlakteskatting word op 26 Januarie bekend gemaak. Verlede jaar is allerweë verwag dat mieliehektare meer plek sou maak vir oliesade. Volgens plantvoornemens in Oktober is sojaboonaanplantings van 1,076 miljoen ha verwag – ’n toename van 16,2% vergeleke met die afgelope seisoen.
Teen die verwagtinge was die voorneme egter om 13% minder sonneblom te plant – waarskynlik uit vrees vir die swamsiekte Sclerotinia weens buitengewoon nat toestande, en probleme met saadbeskikbaarheid.