
Daar is tekens dat sojaboonroes moontlik in KwaZulu-Natal kan uitbreek. Dr. Anthony Jarvie van Pannar Saad sê ? klein aantal sporevormende letsels is in ? sojaboonland by Greytown opgemerk.
Dit beteken toestande is nog nie ideaal vir die siekte nie, maar boere in die Natalse Middelland word gewaarsku dat hulle voorkomende bespuiting moet doen indien hul sojabone reeds verby die R1-stadium is.
Sojaboonroes is ? erge siekte as dit in ? gebied uitbreek wat boere baie groot skade kan aanrig.