AFGRI
BEAN
22 Mrt
-
9997,6
-0,40
CORN
22 Mrt
-
4152
-62,00
SOYA
22 Mrt
-
8460,2
-51,80
SUNS
22 Mrt
-
9126
-629,00
WEAT
22 Mrt
-
6490
-120,00
WMAZ
22 Mrt
-
3855,40
-94,60
YMAZ
22 Mrt
-
4078,8
-80,20
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Mrt
-
171,8
0,00
Ave Wool - RWS
10 Mrt
-
185,09
0,00
Beeste A2/3
10 Mrt
-
54,09
-0,11
Beeste AB2/3
10 Mrt
-
52,37
-0,58
Beeste B2/3
10 Mrt
-
49,71
0,11
Beeste C2/3
10 Mrt
-
48,2
-0,33
Bevrore Hoender
10 Mrt
-
33,07
0,10
Bokkies (onder 30 kg)
10 Mrt
-
47,59
-0,54
Bokooie
10 Mrt
-
35,3
-1,14
Groot (meer as 40 kg)
10 Mrt
-
37,88
1,68
Hoender (IQF)
10 Mrt
-
32,24
0,03
Medium (30-40kg)
10 Mrt
-
42,34
-2,27
Pork Average
10 Mrt
-
33,17
1,14
Poultry Average
10 Mrt
-
33,05
0,06
Skaap A2/3
10 Mrt
-
85,28
2,47
Skaap AB2/3
10 Mrt
-
82,03
0,96
Skaap B2/3
10 Mrt
-
66,9
-2,58
Skaap C2/3
10 Mrt
-
63,53
1,95
Speenkalf
10 Mrt
-
33,23
-0,88
Spekvarke
10 Mrt
-
34,32
0,27
Stoorlammers
10 Mrt
-
38,83
-0,15
Varkwors
10 Mrt
-
26,35
0,98
Vars Hoender
10 Mrt
-
33,85
0,06
Vleisvarke
10 Mrt
-
33,05
1,29
Deel

Someraanplantings oortref steeds verwagtinge

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Kommersiële boere in die somerreën­gebied is voornemens om 2,746 miljoen ha mielies in 2021 te plant, wat 135 200 ha (5,18%) meer is as wat die afgelope seisoen beplant is. Foto: Vida Booysen
Kommersiële boere in die somerreën­gebied is voornemens om 2,746 miljoen ha mielies in 2021 te plant, wat 135 200 ha (5,18%) meer is as wat die afgelope seisoen beplant is. Foto: Vida Booysen
Doemprofete se pessimistiese verwagtinge vir die someroes het tot dusver nog nie gerealiseer nie.

Doemprofete se pessimistiese verwagtinge vir die someroes het tot dusver nog nie gerealiseer nie te oordeel na die hersiene oppervlakte- en eerste produksieskattings vir die 2022-produksieseisoen wat pas deur die nasionale oesskattingskomitee (NOK) bekend gemaak is.

Die hersiene oppervlakteskatting van 4,31 miljoen ha is 100 000 ha meer as die voorlopige skatting van ’n maand gelede wat reeds kenners verras het en selfs me. Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, optimisties laat reageer het. Terselfdertyd is die geskatte opbrengste van mielies, sojabone en sonneblom almal hoër as die tienjaargemiddeld ondanks die vloed- en haelskade vroeër die seisoen in baie gebiede.

Die hersiene skatting van die oppervlakte onder mielies beloop nou 2,61 miljoen ha, wat sowat 142 000 ha minder is as wat die vorige seisoen aangeplant is. Dit is egter 3 800 ha meer as die voorlopige skatting van ’n maand gelede. Die verwagte kommersiële oes is 14,53 miljoen ton, wat 11% of 1,78 miljoen ton minder is as die 16,32 miljoen ton van die vorige seisoen, wat die tweede grootste oes ooit op rekord was. Die geskatte opbrengs is nou 5,56 t/ha teenoor die vorige seisoen se 5,89 t/ha en die tienjaargemiddelde van 5,02 t/ha. Die geraamde opbrengssyfer is hoofsaaklik verkry vanaf produsente in die verskillende provinsies.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê die NOK se data ondersteun ’n optimistiese siening dat omstandighede die afgelope weke verbeter het ná die baie reën aan die begin van die seisoen. Hy sê al is die skatting 11% laer op ’n jaargrondslag is dit steeds aansienlik hoër as die tienjaargemiddelde oes van 12,8 miljoen ton sowel as die jaarlikse plaaslike verbruik van 11,8 miljoen ton.

“Die afname kan hoofsaaklik toegeskryf word aan die minder aanplantings en laer opbrengs in sommige gebiede. Wat belangrik is, is dat Suid-Afrika waarskynlik ’n netto uitvoerder van mielies in die 2022-’23-bemarkingsjaar gaan bly wat in Mei begin.”

Wat die oppervlakte onder witmielies betref, staan dit op 1,57 miljoen ton, wat ’n afname van 0,3% vergeleke met die vorige seisoen is. Die produksieskatting is 7,54 miljoen ton, wat 12% minder as die vorige seisoen is met ’n opbrengs van 4,8 t/ha. In die geval van geelmielies is die oppervlakteskatting 1,04 miljoen ha en dit is 2% minder as die vorige seisoen. Produksie word geraam op 6,99 miljoen ton teen ’n opbrengs van 6,71 t/ha en dit is 9% minder as die produksie van verlede jaar.

Mnr. Corné Louw, hoof van toegepaste ekonomie en lededienste by Graan SA, sê in die algemeen lyk die oesskatting vir hom gunstig en binne verwagtinge. “Mielies se opbrengs is effe laer as die vyfjaargemiddelde. Sojabone is basies op die vyfjaargemiddelde, en sonneblom se aanplantings en produksie lyk baie gunstig en goed.”

Hoër aanplantings van sonneblom en sojabone het in baie gebiede vergoed vir die laer mielie-aanplantings. Die hersiene oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 655 700 ha, wat 37% meer is as die vorige seisoen. Die produksieskatting is 914 350 ton, wat sowat 35% meer is as die vorige seisoen teen ’n opbrengs van 1,39 t/ha.

Die geskatte oppervlakte beplant met sojabone is 915 300 ha, wat ’n toename van 11% verteenwoordig vergeleke met die vorige seisoen. Die produksieskatting is 1,82 miljoen ton wat net 4% minder is as die vorige seisoen. Die verwagte opbrengs is 1,99 t/ha.

Sihlobo wys daarop dat dit steeds die tweede grootste sojaboonoes op rekord sal wees, terwyl die sonneblomoes die derde grootste ooit sal wees, hoofsaaklik vanweë die uitbreiding in hektare en die goeie opbengste in sommige gebiede.

“Hoewel dit nog vroeg is om absolute sekerheid oor die grootte van die someroes te hê, bied die data die gemoedsrus dat Suid-Afrika waarskynlik selfvoorsienend sal wees wat gewasse soos mielies betref en dat min oliesade ingevoer sal moet word. Die gewasse is nou in die stadium van bestuiwing in sommige gebiede en as die weersomstandighede gunstig bly, kan opbrengste verder verbeter.”

Vir grondbone is die oppervlakteskatting 44 900 ha, wat 16% meer is as die vorige seisoen. Die verwagte grondbone-oes is 69 200 ton, wat 8% meer sal wees as verlede jaar. Die oppervlakteskatting vir sorghum het met 23% afgeneem en die produksieskatting is 146 590 ton – 32% minder as die vorige seisoen. Vir droëbone is die geskatte oppervlakte beplant 42 900 ha, wat 9% minder is met ’n produksieskatting van 59 690 ton.

Die NOK se finale skatting vir die wintergewasse het die koringoes op 2,26 miljoen ton geraam, wat 2,2% hoër is as die vorige skatting en dit bly die grootste verwagte koringoes sedert 2002 toe dit 2,43 miljoen ton was. 

Die finale skatting vir moutgars en kanola is onveranderd gelaat op 331 100 ton en 197 000 ton onderskeidelik. Dit is die grootste kanola-oes in Suid-Afrika se geskiedenis.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.24
+1.6%
Rand - Pond
22.42
+1.0%
Rand - Euro
19.85
+0.6%
Rand - Aus dollar
12.25
+0.9%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
986.47
+1.4%
Palladium
1,445.40
+2.8%
Goud
1,963.74
+1.2%
Silwer
22.90
+2.3%
Brent-ruolie
75.32
+2.0%
Top-40
69,757
+1.4%
Alle aandele
75,243
+1.3%
Hulpbronne 10
65,777
+0.2%
Industriële 25
101,692
+1.8%
Finansiële 15
15,282
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enkel en soekend
Ek is lewenslustig en vriendelik hulpvaardig hou van die buite lewe kamp bosveld see en sport is n goeie luisteraar
Kom ons skryf ons eie roman
Wel ek hou van baie lag, dus vriendelik. Ek is energiek en wil nog die lewe geniet. Hou van stap en soms oefen as tyd dit toelaat. Hou van die buitelewe en natuur. Geniet dit...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot