Ondanks groter ekonomiese onsekerheid wêreldwyd ná die ontdekking van die omikron-stam van SARS-CoV2, die virus wat covid-19 veroorsaak, het die 2021-’22-produksieseisoen vir somergaan in Suid-Afrika op ’n gunstige noot begin met goeie reënval sedert begin Oktober.
Grondvogvlakke was op die meeste plekke goed, en teen einde November was meer as 80% van die aanplantings in die oostelike produksiegebiede afgehandel. In die westelike dele, waar die optimale planttyd van 15 November tot einde Desember is, het die aanplantings ook betyds begin.
Mnr. Luan van der Walt, ekonoom by Graan SA, sê hoewel dit nog vroeg in die seisoen is en baie nog kan gebeur, het dit goed gegaan met aanplantings aan die begin van die seisoen.