AFGRI
BEAN
09 Jun
-
8524
64,00
CORN
09 Jun
-
4000
13,00
SOYA
09 Jun
-
7752
89,00
SUNS
09 Jun
-
8625
-29,00
WEAT
09 Jun
-
6305
-1,00
WMAZ
09 Jun
-
3605,60
48,60
YMAZ
09 Jun
-
3859,4
11,40
AMT
Ave Wool - Non RWS
26 Me
-
172,55
5,11
Ave Wool - RWS
26 Me
-
189,51
7,15
Beeste A2/3
26 Me
-
53,82
0,82
Beeste AB2/3
26 Me
-
52,28
0,50
Beeste B2/3
26 Me
-
48,03
-0,68
Beeste C2/3
26 Me
-
45,86
0,77
Bevrore Hoender
26 Me
-
34,01
-1,25
Bokkies (onder 30 kg)
26 Me
-
55,19
1,47
Bokooie
26 Me
-
38,71
-2,84
Groot (meer as 40 kg)
26 Me
-
40,79
-0,03
Hoender (IQF)
26 Me
-
33,04
-0,01
Medium (30-40kg)
26 Me
-
51,26
2,05
Pork Average
26 Me
-
29,59
0,40
Poultry Average
26 Me
-
33,71
-0,64
Skaap A2/3
26 Me
-
84,64
-3,90
Skaap AB2/3
26 Me
-
76,6
7,69
Skaap B2/3
26 Me
-
58,23
-2,52
Skaap C2/3
26 Me
-
57,02
-0,39
Speenkalf
26 Me
-
31,04
0,93
Spekvarke
26 Me
-
30,9
0,87
Stoorlammers
26 Me
-
42,28
0,90
Varkwors
26 Me
-
24,66
-0,30
Vars Hoender
26 Me
-
34,07
-0,69
Vleisvarke
26 Me
-
29,47
0,36
Deel

Someroeste beur steeds hoër

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sojabone staan in reënwater vroeër die seisoen. Foto: Danie Bester
Sojabone staan in reënwater vroeër die seisoen. Foto: Danie Bester
Die nuutste oesskatting bevestig weer dat wisselvallige weerstoestande aan die begin van die seisoen ’n beperkte ongunstige invloed op somergewasse gehad het.

Suid-Afrika se produksie van somergaan en oliesade vir die seisoen staan nou op 19,6 miljoen ton, wat 2% hoër is as ’n maand gelede se skatting en 5% hoër as die vorige seisoen, aldus die nasionale oesskattingskomitee (NOK) se jongste raming.

Die grootte van die mielie-, sonneblom- en sojaboonoeste is almal in die tweede produksieskatting opwaarts aangepas en die mielie-oes is nou die derde grootste ooit op 15,88 miljoen ton en die sojaboonoes ’n rekord op 2,71 miljoen ton.

Dr. Werner Rossouw, direkteur en handelaar van Silostrat, sê benewens die groot oeste is die mielie-opbrengs ook die tweede grootste opbrengs ooit. Net in 2017 was die opbrengs van 6,4 t/ha meer as vanjaar se 6,14 t/ha. Ook wat sojabone betref, is die opbrengs die tweede grootste ooit met 2,36 t/ha teenoor verlede jaar se 2,41 t/ha. “Die potensiaal is egter daar dat ons vorentoe nog ’n opwaartse aanpassing kan kry op vanjaar se opbrengste.”

Hy sê wat mielies betref, sal Suid-Afrika vanjaar weer ’n netto uitvoerder van 3 miljoen tot 4 miljoen ton wees. Dit sluit uitvoer na Afrika, diepsee-uitvoer en uitvoer van verwerkte produkte in.

Volgens die NOK se raming is die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes nou 15,88 miljoen ton, wat 264 475 ton (1,69%) meer is as die vorige skatting en ook 409 525 ton meer as verlede jaar se oes. Die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes gaan na verwagting 82% van die oes lewer.

Die produksieskatting van witmielies is 8,344 miljoen ton, wat 157 225 ton (1,92%) meer is as die 8,187 miljoen ton van die vorige skatting. Die hersiene oppervlakteskatting vir witmielies is 1,521 miljoen ha en die verwagte opbrengs is 5,49 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 7,535 miljoen ton, wat 107 250 ton (1,44%) meer is as die vorige skatting. Die hersiene oppervlakteskatting vir geelmielies is 1,065 miljoen ha en die opbrengs is 7,08 t/ha.

Rossouw sê wat sojabone betref, sal daar vanjaar ’n uitvoerprogram van sowat 600 000 ton vir sojabone moet wees, wat verreweg die grootste in die geskiedenis sal wees. Die skatting is verhoog met 58 470 ton (2,21%) tot 2,71 miljoen ton toe. Die geskatte oppervlakte is is 1,148 miljoen ha.

Die produksieskatting vir sonneblomsaad is 797 610 ton, wat 2,88% of 22 350 ton (2,88%) meer is as die vorige skatting. Die oppervlakteskatting is 555 700 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,44 t/ha is. Rossouw sê dit is relatief gelyk aan die binnelandse verbruik en op langer termyn kan dit gunstig wees vir pryse namate die oes weggepers word.

Beurtkrag

Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die landbousakekamer Agbiz, sê die volgehoue beurtkrag veroorsaak kommer dat gewasse onder besproeiing se opbrengste benadeel kan word. “Gelukkig het gunstige reënval in matige hoeveelhede sedert middel Februarie gehelp om groeitoestande te verbeter. Rofweg 20% van mielies en 15% van sojabone in die somerreëngebied word onder besproeiing verbou.”

Hy sê die gewasse in sommige gebiede is in die bestuiwingstadium en dit kan ’n volgende uitstekende oesjaar wees as die weersomstandighede gunstig bly. Pryse is egter al ietwat laer en mielies verhandel rondom R4 000/t, sonneblom rondom R8 192/t en sojabone R8 660/t.

Die NOK se verwagte grondbone-oes is op 49 080 ton gestel, wat 4,06% minder is as die vorige skatting, vir sorghum is die skatting 109 400 ton, wat 2,61% minder is en vir droëbone is die skatting 47 930 ton.

Laai die Landbou.com-app af en lees jou landbounuus direk op die app. Dié app is beskikbaar in die Apple-, Android- en Huawei-winkels.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Landbou Veilings

Landbou Veilings bied 'n geleentheid aan boere én veilingskliënte om veilings te bemark en te soek na inligting oor omliggende veilings.

Lees hier
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
18.75
+0.5%
Rand - Pond
23.53
+0.6%
Rand - Euro
20.18
+0.7%
Rand - Aus dollar
12.58
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+1.0%
Platinum
1,007.97
-0.2%
Palladium
1,346.11
-1.1%
Goud
1,963.29
-0.1%
Silwer
24.32
+0.2%
Brent-ruolie
75.96
-1.3%
Top-40
71,629
-0.1%
Alle aandele
76,987
-0.0%
Hulpbronne 10
68,417
-1.1%
Industriële 25
102,981
-0.4%
Finansiële 15
15,898
+2.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom, sê 'n bietjie "hallo"!
Goeie intelligente geselskap. Ek ontmoet graag nuwe mense en gou daarvan om tyd saam deur te bring. Opreg en 'n staatmaker.
Helder enige donker op
Rustige en kalm persoonlikheid Jonk van gees Posetief Kreatief Boekwurm met passie vir kook en bak Muskiek mal Buitelewe mal
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot