AFGRI
BEAN
17 Aug
-
8529
-33,00
CORN
17 Aug
-
4015
-47,00
SOYA
17 Aug
-
8705
-40,00
SUNS
17 Aug
-
10912
59,00
WEAT
17 Aug
-
6890
6,00
WMAZ
17 Aug
-
4320
-34,00
YMAZ
17 Aug
-
4235
-17,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61

Splinternuwe plaag in Suid-Afrikaanse sojaboonaanplantings opgemerk

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die droë groeipunt en gaatjie waar ’n larf van die sojaboorder die stam van ’n sojaplant verlaat het. Foto: Verskaf deur prof. Johnnie van den Berg
Die droë groeipunt en gaatjie waar ’n larf van die sojaboorder die stam van ’n sojaplant verlaat het. Foto: Verskaf deur prof. Johnnie van den Berg
’n Gewasbeskermingskundige het Suid-Afrika se saaiboere, veral dié op die Hoëveld, versoek om op die uitkyk te wees vir ’n splinternuwe plaag wat deur sojaboonaanplantings versprei.

Nadat dit die eerste keer in 2019 in die distrikte Standerton en Leandra in Mpumalanga aangemeld is, het daaropvolgende navorsing bevind dat die plaag suidwaarts in ’n wye strook versprei het tot in die distrikte Bergville en Winterton in KwaZulu-Natal.

Prof. Johnnie van den Berg, bestuurder van die geïntegreerde plaagbestuurprogram aan die Noordwes-Universiteit, lei navorsing oor hierdie plaag wat sedertdien die sojaboorder (Fulcrifera sp.) genoem is en as ’n inheemse spesie in Suid-Afrika geïdentifiseer is.

Geen inligting rakende ander gasheerplante van hierdie plaag is bekend nie en daar word vermoed dat dit vanaf ’n ander inheemse peulplantspesie na sojabone oorgeskakel het.

Van den Berg sê ekonomies belangrike besmettings (50%) is tot dusver net by Standerton en Leandra gevind. Besmettings in die ander gebiede waar hierdie sojaboorder opgemerk is, was teen besonder lae vlakke (<0,000001%).

“Dit is tans nie ekonomies lonend om die plaag met chemiese middels te bekamp nie aangesien die besmettingsvlakke in ander gebiede uiters laag is.  Deeglike opnames van die besmettingvlak moet gedoen word voordat ’n chemiese bespuiting oorweeg word.”

Sy navorsing het bevind larwes van hierdie sojaboorder voed aanvanklik in die klein blaartjies by die groeipunt van die plant waarna dit by die oksel van ’n jong blaar inboor en dan in die stammetjie afboor. Die eerste waarneembare simptome is die voorkoms van een of twee verwelkte blare naby die plant se groeipunt. Dit is ook waargeneem dat larwes soms die jong ontwikkelende peule binnedring waar daar dan direkte skade aangerig word.

Van den Berg beskryf die mot van die sojaboorder as ongeveer 7 mm lank en donkergrys van kleur. Die eiers daarvan is geel van kleur, word op die stammetjies en blare van die jongroei van die plant gelê en kan slegs met ‘n vergrootglas waargeneem word.

Hy sê die larwes van hierdie plaag is aanvanklik liggroen van kleur, maar kan donkerder en selfs ’n helder rooi word namate dit die larvale fase voltooi. Die uitgegroeide larf is ongeveer 10 mm lank.\“Larwes pupeer in die dro? blaartjies van die groeipunte en kan soms ook in die grond pupeer. Die lewensiklus van larwes is in die somer ongeveer 15 tot 21 dae. Die totale lewensiklus vandat die eiers gelê is totdat ’n mot weer uit ’n papie te voorskyn kom, is ongeveer 30 dae.”

Kontak Van den Berg by Johnnie.VanDenBerg@nwu.ac.za vir nog inligting oor die sojaboorderplaag.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.67
-1.7%
Rand - Pond
20.08
-1.2%
Rand - Euro
16.96
-1.7%
Rand - Aus dollar
11.53
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.8%
Goud
1,763.20
-0.7%
Silwer
19.73
-2.0%
Palladium
2,140.00
-0.9%
Platinum
927.00
-1.2%
Brent-ruolie
92.34
-3.0%
Top-40
64,168
-0.9%
Alle aandele
70,967
-0.8%
Hulpbronne 10
63,227
-3.3%
Industriële 25
87,430
+0.4%
Finansiële 15
16,160
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Lekker om lief te hê maar jou laaste liefde is die beste
Jong 62, bly fiks en hou nie van oorgewig nie. Rook en drink nie en sal verkies dat my maat ook nie rook nie. 1. 81m lank. Arm man wat moet aanhou werk tot ek my kop neerlê...
NOU OF NOOIT
Klein. maar n groot hart vir die regte man daar iewers Moenie kanse vat ek is slimmer as wat jy dink
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot