Landbouweekblad het verlede maand berig dat ’n nuwe liggingsdifferensiaal-stelsel, met verskillende verwysingspunte, vanaf die 2024-’25-bemarkingsjaar op die JSE-sojaboon-verskansingkontrak beproef gaan word.
Hierdie stelsel sal dan moontlik die huidige model, met Randfontein as enkele verwysingspunt, in die 2027-’28-bemarkingsjaar vervang “indien markdeelnemers dit sou ondersteun”.
Sedert 2006 is verskeie artikels rakende hierdie onderwerp geplaas waarin verskeie wanopvattings en misleidende stellings telkens gemaak word. Genoemde artikel is ook geen uitsondering nie.