AFGRI
BEAN
25 Nov
-
9000
0,00
CORN
25 Nov
-
4468
0,00
SOYA
25 Nov
-
10240
0,00
SUNS
25 Nov
-
11275
0,00
WEAT
25 Nov
-
6695
0,00
WMAZ
25 Nov
-
5274
0,00
YMAZ
25 Nov
-
5018
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
11 Nov
-
157,79
-1,69
Ave Wool - RWS
11 Nov
-
166,91
2,42
Beeste A2/3
11 Nov
-
60,08
-0,01
Beeste AB2/3
11 Nov
-
56,81
0,56
Beeste B2/3
11 Nov
-
52,15
-0,80
Beeste C2/3
11 Nov
-
48,73
-0,12
Bevrore Hoender
11 Nov
-
31,94
-0,12
Bokkies (onder 30 kg)
11 Nov
-
63,1
0,10
Bokooie
11 Nov
-
43,61
4,61
Groot (meer as 40 kg)
11 Nov
-
46,34
2,08
Hoender (IQF)
11 Nov
-
31,3
-0,20
Medium (30-40kg)
11 Nov
-
60,71
6,10
Pork Average
11 Nov
-
34,12
-1,93
Poultry Average
11 Nov
-
32,11
-0,25
Skaap A2/3
11 Nov
-
90,18
-0,27
Skaap AB2/3
11 Nov
-
75,17
-0,35
Skaap B2/3
11 Nov
-
72,99
-1,21
Skaap C2/3
11 Nov
-
69,21
-1,49
Speenkalf
11 Nov
-
36,96
-0,14
Spekvarke
11 Nov
-
34,51
-0,93
Stoorlammers
11 Nov
-
41,2
1,38
Varkwors
11 Nov
-
26,82
-1,04
Vars Hoender
11 Nov
-
33,1
-0,44
Vleisvarke
11 Nov
-
33,99
-1,96

Stryd teen soja-differensiaal kry momentum

akkreditasie
Foto: Alani Janeke
Foto: Alani Janeke
Die bal is aan die rol in die graan- en oliesadebedryf om ’n finansieel meer haalbare oplossing vir almal te probeer vind ná die aankondiging van die Johannesburgse Sekuriteitebeurs (JSE) dat hy van 1 Maart aanstaande jaar af voortgaan met ’n liggingsdifferensiaal vir sojabone.

Daar word gevrees dat die JSE se voorneme die uitbreiding van sojaboonproduksie gaan beperk en die totale uitbreiding van die bedryf, wat voorafgegaan is met meer plaaslike verwerkingskapasiteit om só invoer te beperk, in die wiele kan ry. Daar word ook gevrees dat minder sojaboonaanplantings ander bedrywe se mark kan benadeel.

Die beweging Anti-differensiaal het kort ná die aankondiging op 24 April onder leiding van mnre. Stephen Krüger, ’n boer van Viljoenskroon, en Janes Barnard, ’n boer van Hoopstad, op die been gekom en hulle glo hulle sal binnekort sowat 1 800 geregistreerde lede hê. Die organisasie verteenwoordig boere uit alle provinsies en graanproduserende gebiede.

Krüger sê Anti-differensiaal het as ’n gespreksforum op die Telegram-platform beslag gekry met die doel om die koste en onregverdigheid van graanbemarking op die voorgrond te bring – veral die vervoerdifferensiaal en die Safex-markplatform.

“Ons doen dit met die samewerking van alle belanghebbendes binne die graanbedryf en kan daarom ’n beroep doen op alle graanprodusente en ander belanghebbendes in Suid-Afrika om tot die gesprek toe te tree.”

Krüger, hoofsaaklik ’n mielieboer, het betrokke geraak hoewel hy geen sojabone plant nie omdat hy glo die nuwe differensiaal raak elke graanboer se sak. “As sojaboonprodusente gedwing word om ander keuses te maak omdat sojaboonproduksie te duur raak, verklein dit die mark vir ander gewasse en benadeel dit almal se winsgewendheid omdat pryse afgedwing word.”

Hy sê hulle wil die kwessie so kalm as moontlik hanteer. “Ons laat nie toe dat iemand op die groep beledigend, kwetsend of persoonlik aanvallend optree nie. Ons wil die saak verantwoordelik hanteer en ons primêre doel is om produsente te verteenwoordig met inagneming van die volle waardeketting. Kopers, meulenaars en landboubesighede is ook van deurslaggewende belang.”

Krüger sê daar is kritiek teen die JSE se besluit en hulle hanteer dit met inagneming van alle belanghebbendes se belange. In hierdie stadium word onderling tussen die onderskeie belanghebbendes indringend gesprek gevoer, maar daar was nie regstreekse kontak met die JSE nie.

Hy en Barnard is albei hoofbestuurslede van Graan SA. Krüger beklemtoon Anti-differensiaal tree nie in stryd met Graan SA se belange op nie, maar eerder ondersteunend. “Ons wil net na graanprodusente se belang rondom hierdie kwessie omsien en hul winsgewendheid verseker.”

Mnr. Jozeph du Plessis, saaiboer van Schweizer-Reneke en ook ’n raadslid van Graan SA, sê ’n liggingsdifferensiaal sal in sy omgewing R400/ton beteken. Dit gaan die relatiewe winsgewendheid van sojabone teenoor ander gewasse baie verswak en lei tot baie minder hektare sojabone.

“Die feit dat daar nie ’n differensiaal was nie, het juis veroorsaak dat die verbouing van sojabone drasties uitgebrei het in die westelike produksiegebiede. Daar is mense wat sê as die differensiaal ingestel is, sal die prys dienooreenkomstig styg, maar daar is geen waarborg daarvoor nie.”

Hy sê daar is eintlik baie meer sojabone nodig in die land as toekomstige verbruik in ag geneem word en die differensiaal sal ’n probleem bly. “Graan SA het eintlik uitstekende alternatiewe vir ’n differensiaal, wat ook baie regverdig is. Dit is jammer die JSE wou nie die kwessie langer uitstel nie.” 
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.09
-0.4%
Rand - Pond
20.66
-0.0%
Rand - Euro
17.80
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,754.60
0.0%
Silwer
21.61
0.0%
Palladium
1,856.61
0.0%
Platinum
984.00
0.0%
Brent-ruolie
83.63
-2.0%
Top-40
66,754
-0.0%
Alle aandele
73,151
+0.0%
Hulpbronne 10
71,441
-0.1%
Industriële 25
87,347
-0.2%
Finansiële 15
16,370
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Tyd om te Glo Liefde Bestaan
Ek is enkel lopend Vir 5 Jaar het te veel Seer gekry Al in my Lewe wil maar net weer n Vriendin ontmoet en Kyk of daar iets daar uit Kan ontwikkel of net vriende Kan Bly of wees...
Kom ons begin ons eie storie met Vriendskap
Nr 1 sal altyd my Here wees want Hy is my provider, Aleph en Sovereign God. Al wat ek soek is n maaitjie saam wie ek die lewe kan geniet, lag, gesels, laf wees en dan kyk na...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot