Begin Januarie is persfotograwe van Johannesburg na die Vrystaatse sandveld — beter bekend as die Vrystaatse goudveld — gestuur om “droogtefoto’s” te neem.
Dieregeraamtes, verskrompelde mielies van ’n halwe voet (15 cm) hoog en sandduine het die tema gevorm van foto’s wat aan duisende lesers vertel het dat die Kalahari nou al byna tot by Odendaalsrus uitgebrei het.
Ongelukkig het die fotograwe hulle soveel op “droogtefoto’s” toegespits dat hulle nooit by ’n klein oase in die “woestyn”, ’n paar myl buitekant Odendaalsrus, uitgekom het nie.