Boere in Noordwes en die Vrystaat het teen druktyd weer gebid vir reën ná te veel reën vroeër in die seisoen talle landerye verspoel en gewasse versuip het.
“Die son die afgelope tyd het wondere verrig, maar … die baie water het gelei tot unieke omstandighede, soos vlak wortelontwikkeling, en kunsmis en voeding wat nie opgeneem kan word nie weens loging en aalwurms,” sê mnr. Carl Bamberger, ’n verkoopsverteenwoordiger by Dekalb/Bayer.
Bamberger sê as dit nie voor einde Maart reën nie, gaan talle van die gewasse wat tans mooi lyk, skade opdoen weens droogte omdat die wortelontwikkeling te vlak is.