Tog, sê hierdie uithalerboer, leer hy elke jaar ’n bietjie meer, streef hy na daardie ekstra persentasie en staan hy verbaas oor die resultate wat doeltreffendheid en gesonde grondlewe lewer.
Kalb boer al meer as 35 jaar lank en word as een van die topboere in Amerika beskou, veral danksy sy rekord as veertienmalige wenner van die nasionale mielie-opbrengskompetisie wat deur die nasionale mielieprodusentevereniging aangebied word.
Sy beste mielie-opbrengs was in 2021, toe hy 409 skepels per acre, oftewel 27,5 t/ ha, op ’n gedeelte van een van sy lande gestroop het. Sy vyfjaargemiddelde opbrengs oor sy hele plaas beloop sowat 19 t/ha.