Vanweë hoë insetkoste en moeilike toestande wat saaiboere teister, moet hulle alles in hul vermoë doen om groot oeste te behaal. As die reënwolke egter wegbly – of as dit oorvloedig reën en menige land versuip – kan hulle niks daaraan doen nie, maar hulle kan minstens sorg dat alles binne hul beheer klopdisselboom loop.
Mnr. Davie van der Merwe vertel hoe hy die afgelope seisoen die hoogste droëlandopbrengs met mielies in Noordwes in Graan SA se opbrengskompetisie behaal het.
Die ander mielie-kategorieë of -streke in die Groei vir Goud-kompetisie is KwaZulu-Natal, Oostelike Hoëveld, Oos-Vrystaat, Sentraal, watertafel en besproeiing (landwyd).