Die moeilike 2021-graanjaar het op ’n optimistiese noot afgesluit nadat pryse op hoogtepunte geëindig het en oeste meestal baie goed was.
Heelparty boere by Riviersonderend en Swellendam in die Wes-Kaap, waar meer as 200 mm reën vroeg verlede Mei binne ’n paar uur geval het, sê hulle sal vanjaar heelwat grondverskuiwingswerk moet doen om hierdie skade reg te stel.
Teen druktyd was die prys van diesel en kunsmis op geskiedkundige hoë vlakke. Hoewel boere beslis hoop die pryse sal voor planttyd daal, kan dit wys wees om stikstofbindende peulgewasse solank ’n groter plek in wisselboustelsels te gee.