Voedselsekuriteit bestaan uit drie aspekte. Voedsel moet vir die verbruiker eerstens bekostigbaar wees. Tweedens moet bekostigbare voedsel toeganklik wees. Derdens moet voedsel veilig wees.
Graanopbergers verseker dat die opberging van stapelvoedsel aan die wetlike vereistes van voedselveiligheid voldoen. Agbiz Grain het in 2022 ’n gedragskode gefinaliseer wat deur lede onderskryf word.
Gesamentlik berg Agbiz Grain se lede ongeveer 70% van die graan en oliesade op wat jaarliks in Suid-Afrika gelewer word. Die lede wat die gedragskode onderskryf, is Afgri, Senwes, NWK, VKB, OVK, Overberg Agri, Silostrat, GWK, Kaap Agri, BKB Grainco, SSK en TWK Agri.